Huisgenoot

UIT SUIDOOSTER­LAND

Suidooster-sterre het die koms van die lente saam met Huisgenoot se sustertyds­krif Kuier by die Kronenburg­landgoed buite Wellington gevier, waar hulle meer oor hul lewe agter die skerms verklap het

- Deur JODY-LYNN TAYLOR

JAWAAHIER PETERSEN

Sy het haar lewensverh­aal gedeel van hoe ’n motorongel­uk byna haar lewe as kind geëis het, hoe haar pa, Taliep Petersen, se dood haar geruk het en hoe haar loopbaan as aktrise begin het.

“Ek het my ma, Madeegha Anders, saamgebrin­g, want my ma het die paadjie saam met my gestap. Sy was daar deur die trane, en sy was by my toe ek die oproep kry dat ek ’n permanente rol in Suidooster gekry het.”

Haar sangeres-ma kon nie die trane keer toe Jawaahier haar storie vertel nie. “Ek het gehuil omdat ek haar die eerste keer haar waarheid hoor praat het. Sy was die kind wat nie altyd oor haar pyn gepraat het nie,” sê Madeegha.

“Toe ek dit vandag hoor, het dit my baie emosioneel gemaak, want ek het ook in my die vraag gevoel: ‘Waar was ek?’ Dit was baie moeilik om te aanvaar, maar ek is baie trots op haar en weet daar is soveel meer daar buite vir haar.”

THERESA SEDRAS

Sy vertolk al die afgelope agt jaar die rol van die moederhen, oftewel almal se uitkyk-antie, Mrs. J in Suidooster. Dié rol het gekom toe sy in haar 60’s was. “Die liefde, waardering en respek wat ek ontvang oral waar ek gaan, wil my sommer laat huil,” sê Theresa. Haar man, RALPH, van die afgelope byna 40 jaar is ook vandag aan haar sy. “Op hierdie man maak ek staat vir alles. Hy is my man, vriend, Uber-bestuurder, en my alles. Ek is vreeslik lief vir hom.”

MARCO SPAUMER

Dis nou al twee maande sedert Marco verloof is aan sy jarelange kêrel, die radioen televisiea­anbieder Danilo Acquisto.

Hulle beplan juis om in September volgende jaar af te haak. “Dis die eerste week van September, en dit voel nog nie heeltemal soos die lente nie. Ons wil baie graag ’n lentetroue hê, maar lyk my nie dit gaan in die eerste week van September wees nie,” vertel hy laggend.

CHAR CARRIE

Kykers was verbaas om Char by die geleenthei­d te sien, want eintlik het haar sepiekarak­ter die Springbokk­e al die pad Frankryk toe gevolg vir die Wêreldbeke­rrugbytoer­nooi. “In Suidooster het ek Frankryk toe gegaan, en nou is ek in die Boland,” lag sy. “Om eerlik te wees, ek kyk nie sport nie, maar ek is seker die Wêreldbeke­r gaan vir die Bokke ’n walk in the park wees.”

Lees ook haar storie oor hoe sy die rol in Suidooster gekry het op bl. 90.

THEODORE JANTJIES

Die akteur en sy gesin het einde verlede jaar sak en pak van Johannesbu­rg af Kaap toe getrek. Theodore is sedert April te sien as die apteker Aiden in Suidooster. “Ek het soveel pret, en dis lekker om in die Kaap te wees.”

Theodore en sy prokureur-vrou, Tammy, het ook in Mei hul tweede seuntjie, Soul, verwelkom. Hul oudste, Shiloh, is nou vyf.

Hy is mal daaroor om ’n pa te wees en beskryf dit as die beste ding in die wêreld. “Al wat ek kan sê, is jou kinders maak jou konstant ’n beter mens, en dis ’n voorreg.”

NATASHA VAN DER MERWE

Sy het die jaar op ’n hoë noot begin toe sy haar debuutenke­lsnit in Februarie uitgereik het. En daar is nog nuwe musiek op pad! “Ek gaan eintlik volgende week in die ateljee wees om my twee nuwe liedjies op te neem. Die een word einde November uitgereik. Dit gaan awesome wees, ek sien baie uit,” sê Natasha.

 ?? ?? Jawaahier Petersen het haar pa se trefferlie­djie “Queen of Hearts” gesing. Haar ma, Madeegha Anders, was ook by die geleenthei­d.
Jawaahier Petersen het haar pa se trefferlie­djie “Queen of Hearts” gesing. Haar ma, Madeegha Anders, was ook by die geleenthei­d.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? REGS: Die aktrise Lauren Joseph is al ’n hele paar jaar te sien as Zoë in Suidooster.
REGS: Die aktrise Lauren Joseph is al ’n hele paar jaar te sien as Zoë in Suidooster.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa