Huisgenoot

VYF DINGE waaroor ons HIERDIE WEEK praat

-

1 ARNOLD SE NOUE ONTKOMING

Wat ’n roetine-operasie moes wees, het in ’n nagmerrie ontaard, vertel ARNOLD SCHWARZENE­GGER (76) in ’n YouTube-video. Arnold is in 2019 hospitaal toe vir ’n hartprosed­ure, en vandag vertel hy dit het byna sy lewe gekos.

“Ek het wakker geword en skielik het die dokters oor my gestaan en gesê: ‘Jammer, dinge het nie verloop soos dit moes nie,’ ” het hy vertel. “Hulle het my ingelig hulle het ’n fout gemaak, en moes my toe dringend oopsny om te opereer sodat hulle my lewe kon red. Ek het so geskrik.”

Arnie, wat al drie hartomleid­ings gehad het, het die gebeure ’n ramp genoem. Hy sê sy pad na herstel was ’n moeilike een, maar dat hy sy “ingesteldh­eid verander het”.

“Ek moes aksietonel­e skiet.

Ek het dit reggekry, omdat ek ’n positiewe ingesteldh­eid gehad het.”

2 LINDA SE STRYD TEEN BORSKANKER

Die supermodel LINDA EVANGELIST­A (58) het ontstellen­de besonderhe­de oor haar stryd teen borskanker in The Wall Street Journal gedeel. Sy het onthul sy het die kanker twee keer in vyf jaar oorwin en ’n dubbele mastektomi­e ondergaan.

Borskanker is in 2018 die eerste keer by haar gediagnose­er. Sy het gekies om ’n dubbele mastektomi­e te kry en toe gedink sy “sal nie weer daarmee hoef te sukkel nie”.

Maar die kanker het in 2022 teruggekee­r. “Ek het vir my chirurg gesê om ’n gat in my borskas te boor. Ek wou hê hy moes dit uitgrawe. Ek weier om daaraan te sterf.”

Twee jaar gelede het sy ook op sosiale media bekend gemaak sy is “wreed vermink” weens die newe-effekte van ’n “vetvriespr­osedure”.

Sy het daarna die maatskappy wat vir die kosmetiese prosedure verantwoor­delik was, Zeltiq Aesthetics, vir miljoene gedagvaar.

3 ‘ONS HET DIESELFDE GEDINK’

PRISCILLA PRESLEY (78) hou vol sy het nie seks met Elvis gehad toe sy 14 en hy 24 was nie. Daar word al lank bespiegel dat hulle ’n seksuele verhouding gehad het toe sy nog minderjari­g was, maar op die Venesiese rolprentfe­es het sy die gerugte in die kiem gesmoor.

Die sanger het haar ouderdom gerespekte­er toe hulle mekaar in 1959 ontmoet het.

“Elvis het alles met my gedeel, en ek was die een wat na hom sit en luister het.

“Mense dink ons was net saam vir seks, maar dit was glad nie die geval nie. Ons het op dieselfde manier gedink.”

Sy was daar om haar fliek, gegrond op haar outobiogra­fie, te bemark.

4 SKOK VIR SWANGER KOURTNEY

KOURTNEY KARDASHIAN (44) moes onlangs ’n noodoperas­ie ondergaan om haar baba se lewe te red. Haar man, TRAVIS BARKER (47), het sy optredes saam met Blink-182 in Europa gekanselle­er en Amerika toe teruggevli­eg. Kourtney het haar dokters, Travis en haar ma, Kris Jenner, bedank dat hulle haar bygestaan het. Sy het ook geskryf hoe angswekken­d die situasie was. “Ek het nuwe begrip vir ma’s wat vir hul babas moet baklei wanneer hulle swanger is. Dit was ’n seën om by die hospitaal te kon uitstap met my babaseun nog veilig.”

5 IS OU AL PACINO ENKELLOPEN­D?

Skaars drie maande nadat hul seun, Roman, gebore is, kom die nuus dat AL PACINO (83) en sy meisie, NOOR ALFALLAH (29), se verhouding verbrokkel het. Regsdokume­nte wys dat Noor, ’n fliekverva­ardiger, aansoek gedoen het vir voltydse toesig, met Al wat besoekregt­e het. Die aansoek sê verder dat Al steeds ’n wettige sê sal hê wat sy seun se opvoeding, geloof en mediese behandelin­g betref.

Maar ten spyte van die hofdokumen­te, het ’n woordvoerd­er van die akteur aan Sky News gesê Al en Noor is nog saam. “Hulle het saamgewerk en ’n konsensus oor hul seun se welstand bereik. Hulle is nog saam.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa