Huisgenoot

HOE KAN JY JOU KIND HELP?

-

Dit is belangrik om oor die algemeen ’n goeie verhouding met jou kind te bou, sê Hanlie. “As jy met jou kind probeer gesels oor iets soos depressie en julle het nie ’n hegte verhouding nie, gaan jy die kind net opstandig maak.”

■ Luister; gee erkenning: Moenie bang wees om met jou kind oor sy depressie te praat nie. Probeer om sover moontlik te luister. Tieners wil soms net gehoor word, sonder om te voel hulle word veroordeel, gekritisee­r of voorgesê wat om te doen, sê Lorinda.

“Moenie moed verloor as jou kind aanvanklik nie wil praat nie. Kinders sukkel dikwels om woorde te kry om hulself uit te druk. Hulle verstaan ook nie altyd self hoekom hulle so voel nie en vind dit moeilik om vir iemand anders te verduideli­k.

“Gee erkenning aan jou tiener se gevoelens. Volwassene­s verstaan nie altyd die druk wat hedendaags­e tieners beleef nie en sal met goeie bedoelings iets sê soos ‘dit is nie so erg nie’. ” Dit laat tieners voel hulle word nie gehoor nie.

Probeer om jou tiener nie uit die depressie te probeer praat nie, selfs al klink die kind se gevoelens of bekommerni­sse vir jou irrasionee­l of onnodig, sê Lorinda. “Om slegs die pyn en hartseer te erken kan baie help om die kind minder eensaam en oorweldig te laat voel.”

■ Wees daar vir jou kind: Jy moet van ’n jong ouderdom af daar wees vir jou kind, sê Anton. “Dit gaan nie daaroor om altyd die regte ding te sê of raad te gee nie, maar eerder oor jou teenwoordi­gheid. Wat jou tiener sien, is belangrike­r as wat hy hoor.”

Jy moet ook saam met jou kind kan pret hê, sê hy. “Hulle moet weet jy geniet tyd saam met hulle en probeer nie hul guns met materiële geskenke wen nie. Ontwikkel waardering vir wat hulle doen en wie hulle is. Al is dit deur ’n kwinkslag te deel of ’n liedjie waarvan hulle hou saam met hulle te geniet.”

■ Moedig ’n gesonde leefstyl aan: “Moedig jou tiener aan om aktief te wees, selfs al is dit om net ’n ent te gaan stap,” sê Lorinda. “Hulle moet genoeg slaap, en skermtyd saans moet beperk word.

“Gereelde en gesonde maaltye is ideaal vir optimale breinontwi­kkeling en om daaglikse stres te hanteer.”

■ Hou hulle verantwoor­dbaar: Maak seker jou tiener het verantwoor­delikhede, sê Anton. “Hul rol en bydraes tot die huishoudin­g moet erken en waardeer word.”

■ Sorg vir jouself en die res van die gesin: Dit is emosioneel en fisiek dreinerend om ondersteun­ing aan ’n depressiew­e tiener te bied, sê Lorinda. “Dit gebeur dikwels dat ouers al hul energie en aandag op hul tiener se welstand fokus en hul eie reserwes uitput.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa