Huisgenoot

ONTMOET DIE DEELNEMERS

-

MONIQUE (23)

Monique van Brits is die eienaar van ’n meubelfabr­iek en aanlyn meubelwink­el. Sy is ’n deeltydse model en hou daarvan om af en toe voor die kamera te wees. Sy is gereed vir ’n nuwe uitdaging. “Ek wil mense wys dat hulle nie altyd ’n blondine moet onderskat nie.”

JUANITA (21)

Juanita is Lerecia se ousus. Sy is ’n sosialemed­ia-ster en teologiest­udent. Juanita glo sy het die regte persoonlik­heid vir televisie. “Ek het die nodige eienskappe om ’n goeie trouvrou te wees. Ek is ’n vrou met ambisie wat glo in haarself en ander en wat omgee vir haar medemens.”

LERECIA (20)

Lerecia, van Worcester, is die jongste deelnemer. Sy is ’n sosialemed­ia-ster en is besig om haar eie produksiem­aatskappy te stig. Sy is spontaan en nie bang om dinge buite haar gemaksone aan te pak nie. “Ek glo dit laat jou groei; daarom is ek reg vir enige uitdaging.”

SUZANNE (31)

Dié Pretoriane­r is ’n prokureur wat altyd reg is vir ’n uitdaging. “Jy kan jou eie drome en ideale volg en steeds trouvrouma­teriaal wees,” sê sy. “Ek hoop my deelname kan ander vroue inspireer om nie hul drome en ambisies te laat vaar om in tradisione­le boksies in te pas nie”.

DANICA (26)

Dié Kapenaar is ’n kindersiel­kundige met haar eie skoonheids­alon. Danica weet reeds wat sy met die prysgeld wil doen as sy wen. “Ek wil my grootouers, wat albei 80 word en 59 jaar getroud is, op hul eerste oorsese bootreis stuur,” sê sy. “Hulle het baie vir my opgeoffer.”

KARLI (23)

Dié digitale bemarker en entreprene­ur is van Brackenfel­l. Sy beskryf haar as spontaan, lojaal en outentiek. “Ek is nie bang om my naam met ’n plank te slaan of vir myself te lag nie,” sê sy. “Ek is nie die soort vrou wat enigiets na die tafel bring nie – ek bring sommer die tafel.”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa