Huisgenoot

huisgenotj­ies

- Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekenin

mall toe gaan?” NOOD-EETPLAN

Ek kyk gister deur my sitkamerve­nster en sien ’n klomp mense staan rondom ’n motorfiets wat geval het.

Ek haas my buite toe en sukkel om deur die mense te kom terwyl ek skree: “Laat my deurkom, laat my deurkom.”

Ek kry dit eindelik reg om voorte kom en een van die omstanders sê: “Dankie tog, is jy ’n dokter?”

“Nee,” antwoord ek, “maar dit is my pizza wat hy kom aflewer het!”

L. SAAYMAN

CASANOVA

Die gewildste outjie in die klas leun heeltyd oor en praat met die meisie langs hom.

Eindelik vererg die onderwyser­es haar en raas met hom omdat hy die klas ontwrig.

“Ek het haar net ’n vraag gevra, juffrou,” antwoord hy ewe astrant.

“As jy ’n vraag het, vra my,” kap die onderwyser­es terug.

“Goed, wil juffrou Saterdagog­gend

JOHANNA RADEMEYER

HARE KLOOF

Tydens ontbyt vra klein Jannie vir sy ma: “Mamma, hoekom het Pappa so min hare op sy kop?”

“Omdat hy so baie dink,” antwoord sy ma.

“Hoekom het Mamma so baie hare?”

“Bly stil en eet jou kos!”

LOUISE NOETH

AANLYN VRYERS

As ek jou eendag ontmoet en jy is nie so mooi soos jou profielfot­o nie, sal jy vir my drank moet koop tot jy so mooi is.

L. SAAYMAN

VLIETEND

Hulle sê geld praat, maar myne waai net tot siens!

DENISE, PRETORIA

SONDE MET SKOONMA

Skoonma: “Jy moet jou kinders reg grootmaak.” Skoondogte­r: “Ek spook nog om

Mamma se kind groot te maak. Daarna sal ek by my eie kinders uitkom.”

CHARLOTTE PETERSEN

BETER DAE

Die tye het so verander. Kleintyd was ons altyd so opgewonde om die roomystrok te sien, maar deesdae is ons verheug as die vullistrok kom.

WOLLIE, PRETORIA

BABADINGE

Kosie: “Mamma, is my nuwe boetie van die hemel af gestuur?” Ma: “Ja, my kind.”

Kosie: “Dan is dit seker nou baie stiller daar.”

SMITTIE

HOFLIK

Ek het in die bus my sitplek aan ’n ou tannie afgestaan. Maar dit was blykbaar die verkeerde ding om te doen, want ek het my werk as busbestuur­der verloor! WOLLIE, PRETORIA

ALFABEET

Koos word naby die gewilde kuierkroeg deur ’n spietkop van die pad afgetrek.

“Dit lyk of jy gedrink het. Kan jy die alfabet sê? Begin met die letter M.”

Koos: “Seker, konstabel . . . Malfabet!”

JOHANNA STRYDOM

BYT NIE

Jan: “Hoe het jy toe van my geheime visvangple­k gehou?” Fred: “Jong, dis so geheim, lyk my nie eens die visse weet daarvan nie.”

WOLLIE, PRETORIA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa