Huisgenoot

’N UITTREKSEL UIT SALEMSTRAA­T

-

’n Vrou staan voor Riaan op die trappie. Hy sien net krulhare en kaal voete. Hy leun teen die voordeur se kosyn vir ekstra ondersteun­ing en vee die slaap uit sy oë. Moerhel, hoe laat is dit? ’n Whiskypyn klop in sy kop.

“Hallo. Ek is Emilee. Jou buurvrou oorkant die straat. Het jy dalk ’n kat in jou tuin gewaar?” “Wat?”

Die vrou voor hom neem ’n duideliker vorm aan soos hy sy oë bly vee. Langerig, slank. Lang, rooi hare. Ouer as hy. Laat dertigs. Bangles en crystals. Boho chickie. Selfs deur sy drank- en slaapnewel­s kan hy haar energie aanvoel. ’n Positiewe maar ook angstige energie wat rondspring soos die kat waarna sy soek.

“My kat? ’n Groot gemmerkat. ’n Mannetjie. Hy is al die hele dag weg.”

’n Hele dag. “Sorry, hoe laat is dit?”

Sy sug. “Tweeuur in die middag. Ek neem aan jy het hom nie gesien nie.”

“Sorry, nee. Jy kan altyd inkom, dalk is hy in die tuin of iets.”

Haar oë pingpong oor sy kaal bolyf, die grys sweetpakbr­oek waarin hy geslaap het, sy deurmekaar hare. Hy kyk af. Shit. Daar is ’n moviese tamatiesou­skol op sy broek. Lyk soos bloed. Jeffrey Dahmer-vibes. Geen wonder sy huiwer nie. Tog draai sy nie weg nie.

Nou kan hy haar behoorlik bestudeer. ’n Langerige gaasdoekro­k. Bruingebra­nde bene. Kaalvoet. Turkoois armbande wat klik-klik as sy beweeg. ’n Leerbandji­e om die enkel. Wag. Skyn haar rok effens deur?

Van semi tot fully erect in net 1,1 sekondes. Soos ’n Ferrari. Hy maak sy voordeur wyer oop, oënskynlik om haar in te laat, maar hoofsaakli­k om sy ereksie agter die houtdeur te verberg.

Sy stap binne. Sy eks – Liz – ruik vars en koud, soos ’n yskas. Issi Miyake. Hierdie ene ruik die ene warm heuning. Haar hand vee ingedagte oor die opgestapel­de kartonboks­e in sy sitkamer. Die een vinger tik-tik. Morsekode vir angstighei­d.

“Jy het onlangs ingetrek?” vra sy.

Hy knik. Selfs net dié eenvoudige beweging laat sy kop pyn. Hy het gisteraand te diep in die bottel gekyk. Dis duidelik.

Haar oë blink. Shit. Hy hoop nie die girl begin huil of iets nie. Hy blaker die eerste woorde uit wat sy kop binnevlieg. “Hulle reken sowat 230 000 katte word elke jaar deur karre raakgery. Dis 630 katte elke dag.”

Nice one, Riaan. Jy’s lekker op dreef, broer. Tight as a frog’s ass.

Die tikkende vinger vries.

Haar oë is ’n helder, diep groen.

Sy gaan huil. Shit. Shit. Shit.

“Sorry, sorry, my kop is vol stupid feite. ’n Deurmekaar miernes.

Spuit my met Doom. Just kill me now!” Sy glimlag effens. Die trane bly opgedam. Dank de vader.

“Hoekom?” vra sy.

“Sorry?”

“Hoekom is jou kop so vol feite?” “Feite is the name of my game. Ek’s ’n misdaadjoe­rnalis. Ek’s ’n boertjie, maar ek werk by die Cape Town Daily. Dié dat ek als so verengels, sorry . . . Riaan. My naam is Riaan.”

Sy glimlag.

“Ek is bevrees jy gaan nie veel nuus hier uitkrap nie. Hier is bitter min misdaad.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa