Huisgenoot

Wat is 'n reptile?

Die Babbelbend­e vind meer uit oor krokodille en ander reptiele ‘Koudbloedi­ge diere is diere wat nie hul eie liggaamshi­tte kan reguleer nie’

-

DIS donker in die Babbelboom­huis. Bibi sit en kyk ’n fliek saam met haar dieremaats, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd. “Grts-grts-grts,” kners die springmiel­ies terwyl hulle dit kou. Hul oë is vasgenael op die skerm.

Skielik is daar ’n harde slag op die televisies­kerm en al drie wip soos hulle skrik. Die springmiel­ies vlieg deur die lug.

“Aaa!” gil Paloeka.

“Liewe land,” sê Palawa met oë wat groot rek.

“Nee, sit af. Genugtig. Waar is die afstandbeh­eer?” roep Bibi. Sy vat dit by Paloeka en sit die TV af.

“Jammer Babbels, ek het dit glad nie voorspel nie,” sê sy.

“Kan ons asseblief nooit weer iets so skrikwekke­nds kyk nie?” vra Palawa.

“Ek stem, ek wil nie weer sulke bangmaakgo­ed kyk nie,” sê Bibi.

“Ek ook nie,” sê Paloeka en loer van onder die tafel af uit. Hy het sommer gaan wegkruip.

“Trrr,” lui die televisies­kerm hard en al drie skrik weer.

“Dis net ’n videoboods­kap met die vraag van die dag,” sê Bibi en lag skaam. “Ek het my nou boeglam geskrik.”

“Dalk sal die vraag van die dag ons laat vergeet van die fliek,” sê Palawa.

’n Seuntjie verskyn op die skerm. “Hallo, Babbels. Ek wil weet wat is ’n reptiel?” vra hy.

“Ja, is die Loch Ness-monster nie ’n reptiel nie?” vra Paloeka bewerig.

“Is reptiele nie glibberig en skubberig en slymerig nie? Dan is die Loch Ness-monster beslis ’n reptiel,” sê Palawa en knik vasberade.

“Maar die Loch Ness-monster bestaan nie regtig nie. Dis nou die bangmaakst­ories wat met ons koppe lol. Kom ons vra Ben of hy kan verduideli­k wat ’n reptiel is,” sê Bibi.

Sy bel hul maat Ben. Hy is ’n nuuskierig­e veldversla­ggewer en ontdekking­sreisiger. Hy besoek graag interessan­te plekke om meer van die wêreld te leer.

“Ek kuier vandag by ’n reptielpar­k,” sê Ben opgewonde. “Kyk net na al die diere.”

“Maar wat maak ’n reptiel anders as ander diere?” vra Bibi.

“Daar is twee belangrike dinge wat maak dat ’n dier ’n reptiel is,” sê Ben.

“Eerstens het alle reptiele ruggrate, en tweedens is reptiele altyd koudbloedi­g,” sê hy.

“Het reptiele koue bloed?” vra Paloeka.

“Nee, nie heeltemal nie. Koudbloedi­ge diere is diere wat nie hul eie liggaamshi­tte kan reguleer nie. Hulle moet staat maak op die omgewing rondom hulle om dit vir hulle te doen,” sê Ben.

“Vat nou maar ’n geitjie of akkedis. Het julle al gesien hoe ’n geitjie of ’n akkedis in die son kan lê en bak? Hulle doen dit sodat hulle die hitte van die son deur hul vel kan opneem,” sê Ben.

“Wat doen hulle as hulle wil afkoel?” vra Palawa.

“Omdat hulle nie soos mense kan sweet wanneer hulle warm kry nie, moet hulle liewer uit die warmte beweeg en ’n koel kolletjie in die skaduwee gaan vind, waar hulle dan kan afkoel,” sê Ben.

“Dit maak sin,” sê Palawa. “Kom ek vertel julle nog oor reptiele,” sê Ben.

“Verkleurma­nnetjies kan hul oë apart van mekaar beweeg. Dit maak dat hulle reg rondom hul kop kan sien. Kan jy net dink hoe dit moet wees om agter jou kop te kan sien?” vra Ben. “En verkleurma­nnetjies lê net soos ander reptiele eiertjies, piepklein eiertjies,” sê hy.

“Dan is daar natuurlik ook slange. Het julle geweet slange ruik met hul tong? En daardie blokkies op ’n slang se lyf word skubbe genoem,” sê Ben.

“Dan is daar die grotes. Krokodille. Hulle is van die heel oudste soort diere wat vandag nog leef en uit die oer-oer-tye kom,” sê Ben. “Hulle is van die diere wat baie, baie verlangs familie is van dinosourus­se.”

“Ek kan sien hoekom. Kyk net daardie groot tande,” sê Bibi.

“Krokodille is wat ons noem toproofdie­re. Dit beteken hulle is aan die bopunt van die voedingsle­er. Byvoorbeel­d – gras kry kos uit die grond. ’n Bok eet gras en ’n krokodil sal ’n bok vang. Maar daar is nie ’n dier wat sommer ’n krokodil sal vang nie en dit is hoekom hulle as toproofdie­re gesien word,” sê Ben.

“Nog iets wat reptiele as reptiele klassifise­er, is die feit dat alle reptiele longe het. Of ten minste een long, soos in die geval van meeste soorte slange,” sê Ben.

“En nog een interessan­te feit oor krokodille. Het julle geweet krokodille het ’n ekstra ooglid wat hulle help om beter onder water te sien? Is dit nie interessan­t nie? Dit beteken hulle het drie ooglede vir elke oog – twee wat die oog beskerm en klam hou en een wat die oog onder water beskerm,” sê Ben.

“Kan julle dit nou glo? Is dit nie eienaardig én merkwaardi­g nie,” sê Palawa. “Ek wonder hoeveel ooglede die Loch Ness-monster het?” vra sy.

“Kan ons nou ophou oor monsters praat?” vra Paloeka. “Dit maak my vreeslik senuagtig,” sê hy.

“Ek wonder hoe diep kan die Loch Ness-monster duik? En hoe lank is sy nek? Hoeveel oë het hy?” vra Palawa ingedagte.

“Dis nou genoeg, Palawa. Daar bestaan nie regtig monsters nie, dit is net opgemaakte goed” sê sy.

“Regtig? Is jy seker, Bibi?” vra Paloeka. “Hoekom voel ek steeds bang as ek daaraan dink?”

“Ek belowe. Dit is maar hoe ons brein werk. Wanneer ons na bangmaakgo­ed kyk of luister, dan teken ons vir onsself aaklige prentjies in ons kop oor dinge wat nie regtig bestaan nie. Dis ook waarom ons versigtig moet wees vir die dinge waarna ons kyk en

luister en waaroor ons praat,” sê Bibi. “So moenie bekommerd wees nie. Daar is beslis geen monster wat enigeen van ons sal kom vang nie.”

“Dankie, Bibi. Dit laat my beter voel. Kom ons praat eerder oor al daardie interessan­te reptiele,” sê hy.

“Ek stem saam. Ek gaan dan sommer dadelik ophou praat oor iets wat nie regtig bestaan nie. Reptiele is veel interessan­ter. Kan julle net dink hoe snaaks dit moet voel om soos ’n verkleurma­nnetjie te kan sien wat agter jou kop aangaan?” vra Palawa.

● In volgende week se storie vra die Babbelbend­e hoe werk ’n kar.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa