Huisgenoot

VIDEOSPELE­TJIE

-

Ons videospele­tjieliefhe­bber GARETH SEILER het een van die grootste speletjies van die jaar getoets – en hy is beïndruk!

STARFIELD XBOX SERIES X/S, PC NOU BESKIKBAAR.

Die maatskappy wat Starfield gemaak het, is vir die suksesvols­te videospele­tjie van alle tye verantwoor­delik.

Dis moeilik om te glo, maar

Skyrim is tot vandag toe steeds een van die speletjies wat daagliks die meeste gespeel word. En ná daardie epiese fantasieve­rhaal met sy drake en towenaars het Bethesda hulself oortref met die meer grootmensa­gtige

Fallout-reeks – gewild, lekker om te speel en vindingryk.

Daarom het almal verwag hul jongste speletjie gaan misluk: Hoe is dit moontlik om so naby aan die son te vlieg sonder om te verbrand?

Almal was verkeerd! Starfield is groot. Nee, dis massief.

Daar is meer as 1 000 planete om te verken. Jy het honderde karakterop­sies, ruimteskip­onderdele, geboue, stede, selfs lewensvorm­e . . . Wanneer ek sê Starfield is dosyne speletjies in een, dan probeer ek eintlik kalm bly.

Wat is dit nou eintlik? Jy kan een van verskeie rolle in hierdie groot sterrestel­sel aanneem en take uitvoer waarmee jy geld of gunste kan wen. Jy besluit of jy goed of sleg is, en jy bou so jou ruimteskip en jou kring van kennisse uit om jou invloed en mag meer (of minder) te maak. Terselfder­tyd speel ’n oorkoepele­nde storie af met wonderlike kinkels en verrassing­s. Jy kan die hoofstorie afhandel of jy kan jou in die oop heelal begewe met sy ontdekking­s en onthulling­s en eindelose nuwe horisonne.

Starfield is Bethesda se beste speletjie – en dit gaan die groot rol wat Skyrim in my lewe gespeel het, oorneem.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa