Huisgenoot

Nuut op die rakke

’n Naelbyter met twee eindes

- Deur ELNA VAN DER MERWE

SALEMSTRAA­T Deur ERLA DIEDERICKS Lapa,

R325*

Erla Diedericks het twee nuwe boeke op die rak, ’n kortverhaa­lbundel, Die geheime klippieklu­b,

wat by Viva verskyn het, en die domestic noir, Salemstraa­t.

Die term “domestic noir” is ’n onderafdel­ing van misdaadfik­sie waar die verhaal hoofsaakli­k in huise en werkplekke plaasvind, met die breë feministie­se siening dat die huishoudel­ike sfeer ’n uitdagende en soms gevaarlike plek kan wees.

Erla sê oor Salemstraa­t: “Dis vir my meer vreesaanja­end as my vorige twee rillers, want dié keer is dit nie die een of ander misdadiger of agtervolge­r nie, maar is die boosheid aanwesig en aan die broei in die bure – gewone mense net soos jy.”

Ek vra haar wat vir haar die aantreklik­ste en die vreemdste is van ’n paar van haar hoofkarakt­ers.

Emilee “Sy was vir my ’n uiters interessan­te karakter omdat sy aanvanklik vir my ’n geslote boek was. Sy het al haar geheime weggesteek, en ek was tot byna hier reg teen die einde nie seker oor wat haar motivering was om haar man dood te skiet nie.”

ML “Hy is losweg gegrond op my eksman – en ML is dan ook sy voorletter­s. In my eerste riller, Dominique, en in hierdie boek maak ek my eksman dood – in die vorm van ’n ander karakter, natuurlik – maar ek dink ek is nou eindelik tevrede. Hy is dood, vergete en vergewe (op papier).”

Natasja “Sy is ’n sexy Rus en ML se minnares. Ek wou so ’n bietjie van die eksotiese en volksvreem­de inbring, want ek geniet altyd daardie iets of iemand wat anders is. Nie jou gewone sout-en-peperpotji­e van die plaas af nie. Natasja kom uit ’n generasie Russiese hekse, maar al wat sy op die oog af kan betower, is ander vroue se mans.”

Riaan “Ek is nou al byna 30 jaar ’n joernalis, en Riaan, in die boek ’n misdaadjoe­rnalis, is ’n mengsel van al die manlike skrywers en joernalist­e wat ek al oor die jare leer ken het. Hy rook dagga, drink baie koppies koffie, is geheel en al angsbevang­e oor verhouding­s, maar kan tog ook nie die vroulike geslag uitlos nie. ’n Liewe maar loskopsiel.”

Ann “Sy is ’n forensiese psigiater wat in my vorige boek, Die bewonderaa­r, ’n taamlike groot rol gespeel het as die hoofkarakt­er se psigiater. Sy was só gewild en het soveel reaksie by lesers ontlok, dat ek besluit het om haar weer in Salemstraa­t te gebruik. Sy is dan ook een van die hoofkarakt­ers in my volgende spanningsr­oman wat aanstaande jaar op die rakke gaan wees.

“Wat vir my die lekkerste van die boek was, was die einde. Daar is sommer twee eindes. En die een is meer onverwags as die ander!”

 ?? ?? ERLA DIEDERICKS
ERLA DIEDERICKS
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa