Huisgenoot

’n Besoek aan my grootwordp­lek

-

VAN tyd tot tyd pak ek die reis van sowat 300 km aan na my grootwordp­lek.

Ek sluit die voordeur oop. Deur die jare het dinge verander, maar ek onthou nog presies waar alles was. Waar die houtstoof was, die hart van die huis, staan ek ’n oomblik stil. Ek onthou die uitkrap van die kersvet uit die blakers soggens wat ons dan op die houtjies gesit het sodat dit sterker sal vlam. Die heerlike maaltye wat in en op die houtstoof gekook is. Wintertye se samesyn om die kombuistaf­el met die stoof wat hitte uitstraal.

Ook in Ouma en Oupa

se ou huisie langsaan stap ek rond. Op die werf verwonder ek my aan die peperboom wat Pa jare gelede geplant het. En die bamboesbos wat Oupa, nou al 50 jaar oorlede, ook in sy leeftyd geplant het.

Dan stap ek met die paadjie af na die familieker­khof toe. Dit was heel eerste Oupa se rusplek, wat my die name van elke plant en bossie op die plaas geleer het, ook die name van die sterre.

Kort daarna is my broertjie hier neergelê. Ek onthou ons saamspeelt­ye en sy moedigheid tydens sy siekte. Jare daarna nederige,

sagmoedige Ouma wat altyd ander se belange bo hare gestel het.

En lank daarna Pa. Hy het eenvoudig gelewe en die lesse en wyshede wat hy gedeel het, sal ek altyd onthou. Die laaste wat hier kom rus het, was Ma. Sy het elke struikelbl­ok wat oor haar pad gekom het as ’n uitdaging beskou en só teëspoed oorkom.

Op elkeen se graf plaas ek blomme. Dan stap ek eers op die plaas rond voor ek weer terug reis. Tot volgende keer, so lank as ek lewe en dit die Here se wil is.

GWEN CALITZ, MONTAGU

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa