Huisgenoot

1 ‘DANKBAAR VIR MY GESONDHEID’

In Vetkoekpal­eis het sy altyd gespog oor haar ou, Tiger. Nou soek Liane Heyl regtig na liefde ‘want ek wil nie meer alleen baguettes gaan koop nie’

-

Liewe Boeboe, jy weet mos ons is lief vir jou. Ons wil jou graag gelukkig sien. Vra vir Willie Esterhuize­n om tog asseblief weer ’n reeks te skryf met jou in die hoofrol. Jy sal dan gelukkig. Iewers wag ’n man ongeduldig. DALEEN

Wat ek nie sou gee om weer saam met my ou man te gaan inkopies doen nie! Malls het ons vermy, anders het hy doodluiter­s op ’n bankie gewag. Daarna sou ons iets lekkers eet. Waardeer jul mans, al is hulle nie volmaak nie. ETRA

Vir baie mense werk dit om getroud te

wees. Ek wil asseblief nie ’n man hê nie. Dit klink na te veel werk, en ek love my single lewe! Sterkte Boeboe, hoop jy kry iemand wat vir jou goed is.

HD

Ek glo jy kan maklik

’n man kry. Maar die regte man is jou sielsgenoo­t, wat altyd daar is vir jou en die pad saam met jou stap. Ek en my vrou stap die pad nou al amper 55 jaar. Die een wil nie sonder die ander. Sterkte vir jou. JAN

2 Vra vir Irma: ‘My eks betaal nie onderhoud nie’

3

Boer Petré vind liefde met Marinel uit vorige seisoen van BSV

Dié ding dat vroue gedurig moet hof toe om ’n pa sy plig te laat nakom, moet end kry. Baie vroue gee moed op. Die egstelsel laat onskuldige kinders in die steek. Trek die geld van die pa se salaris af en betaal die ma. ANNELENE

Gaan terug hof toe.

Daar is nuwe wetgewing en die man moet sy verpligtin­ge nakom. Enkelouers­kap is moeilik. My oorlede ouers het my my kinders help grootmaak. Vat sy ouers hof toe dat hulle dit betaal as hulle kan.

MARIETJIE

Marinel Lourens, jy straal behoorlik!

Daardie glimlag op jou gesig wat ek vanaand gesien het, was nie verniet so breed nie. Julle twee is pragtig saam. Ek wens julle net alle voorspoed toe. NADIA

Sien nou net. Jy kan nie mense bymekaar gooi in ’n kraal soos ’n klomp skape en dan vir hulle sê: “Kies nou vir jou ’n lewensmaat” nie. Want dalk is jou skaap iewers daar buite die kraal. JAQUELINE

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa