Huisgenoot

HOE KRY EK ONDERHOUD UIT MY EKS WAT LANDUIT IS?

-

V Ná my egskeiding is sekere pligte aan my eksman toegedien. Hy het besluit om oorsee te gaan woon en kom nou glad nie dié verpligtin­ge na nie. Hy lag vir my. Wat staan my te doen?

A Daar is meer as een manier om te werk te gaan sodat jy onderhoud kan probeer kry.

■ DEUR DIE DIPLOMATIE­KE DIENS

As die pa nou oorsee woon en nie sy verpligtin­ge nakom nie, moet jy met die onderhouds­bevel teruggaan na die landdrosho­f. Die wedersydse toepassing van onderhouds­bevele vir lande in Afrika, Wet 6 van 1989 en Wet 80 van 1963, reguleer die prosedures vir onderhoud as die persoon in die buiteland woon.

Sekere addisionel­e dokumente sal bygevoeg word en dan word daar deur die diplomatie­ke kanale gewerk om die pa op te spoor en dokumente te lewer.

As hy in ’n ander Afrikaland woon, sal dit dalk ’n bietjie makliker gaan, want die Afrikaland­e werk saam in dié verband. Maak egter nie saak waarheen die pa geëmigreer het nie, dit gaan ’n rompslomp wees wat lank gaan neem.

Jy moet geduldig wees, en jou daarop voorberei dat daar moontlik niks daarvan gaan kom nie.

■ DEUR DIE GROOTOUERS

Die Onderhouds­wet maak voorsienin­g dat ’n man of ’n vrou se ouers verpligten­d verklaar kan word vir onderhoud as hul kind dit nie wil of kan nakom nie.

Baie belangrik: Onthou dat stiefouers glad nie betrek word by onderhoud nie. Slegs biologiese ouers en grootouers.

■ HULP VIA ’N REGSPERSOO­N

Ek beveel ten sterkste aan dat jy nie hierdie alleen aanpak nie, want dit gaan uitdagend wees. Kry ’n prokureur wat in onderhouds­ake spesialise­er om jou by te staan. As dit vir jou te duur gaan wees, klop aan by enige universite­it se regsklinie­k, waar dienste gratis is. Jy kan ook die regshulpra­ad nader, wat dan ’n prokureur sal aanstel om jou te help; daar is geen koste aan verbonde nie.

Dan is daar ook ’n ander uitweg: Jy kan by die welsynskan­toor aansoek doen om ’n staatstoel­ae. Sterkte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa