Huisgenoot

GROENTE-ENFETAPOFF­ERS MET HARISSAJOG­URT

LEWER 20 POFFERS / BEREIDING EN GAARMAAK: 15 MIN.

-

HARISSAJOG­URT

125 ml (½ k) dubbeldik natuurlike jogurt

5 ml (1 t) harissapas­ta

1,25 ml (¼ t) vars suurlemoen- of lemmetjies­ap fyn sout en vars gemaalde swartpeper, na smaak

GROENTE-EN-FETAPOFFER­S

150 g gekookte pitmielies 150 g wortels, geskil en fyngeraspe­r

1 salot, fyngekap 15 ml (1 e) fyngekapte vars pietersiel­ie 50 g fetakaas 30 g koekmeel 2,5 ml (½ t) bakpoeier

1,25 ml (¼ t) fyn sout

1,25 ml (¼ t) vars gemaalde swartpeper

1 eier, liggies geklits groenteoli­e, vir braai

1 Harissajog­urt

Meng die jogurt, harissa en sap in ’n klein bak en geur met die sout en peper. Plaas dit in die yskas tot jy gereed is om die poffers voor te sit.

2 Groente-en-fetapoffer­s Meng die pitmielies, wortels, salot en pietersiel­ie in ’n bak. Krummel die feta oor. 3 Voeg die meel, bakpoeier, sout en peper by en meng goed. Voeg die eier by en meng tot die bestanddel­e gebind het.

4 Verhit 5 ml (1 t) van die groenteoli­e in ’n braaipan. Skep eetlepels vol van die beslag in die pan (so vier op ’n slag) en druk die hopies effens platter met die agterkant van die lepel. Braai die poffers ’n paar minute tot goudbruin en bros aan die onderkant. 5 Draai die poffers om en braai weer tot goudbruin en gaar. Dis belangrik dat die pan nie te warm is en die poffers buite donker is terwyl dit nog nie binne gaar is nie. 6 Plaas die gaar poffers op ’n bord met kombuispap­ier om te dreineer en hou dit warm terwyl jy die res van die poffers braai. Voeg ekstra olie in die pan by soos benodig.

7 Sit die poffers dadelik voor saam met die harissajog­urt.

 ?? ?? * GROENTE-ENFETAPOFF­ERS MET HARISSAJOG­URT
* GROENTE-ENFETAPOFF­ERS MET HARISSAJOG­URT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa