Huisgenoot

WIE’S WIE?

-

GOOSE

Bennie Fourie is as Goose te sien. Sy familie het na Nieu-Seeland geëmigreer, maar hy het gebly om die land veiliger te maak sodat hulle kan terugkom. Hy is bang vir niks behalwe emosie nie. “Goose glo werklik dat hy die land gaan red. Hy het groot drome, maar is op ’n klein dorpie vasgevang – ’n geval van in die land van die blindes is eenoog koning,” sê Bennie.

ATTIE

Schalk Bezuidenho­ut speel Attie. Hy doen IT by Taktiek, maar het drome om ’n sekuriteit­swag te word. “Ek was vyf seisoene lank Danny in Hotel en Attie en Danny kan nie méér verskil nie,” sê Schalk. Mignon is sy tweelingsu­ster. “Ek is ’n enigste kind en het gedink dit sou lekker wees om nie net ’n boetie of sussie te hê nie, maar deel van ’n tweeling te wees.”

MIGNON

Mandri Sutherland speel Attie se tweelingsu­ster. Sy is ’n 50-jarige vasgevang in ’n 30-jarige se lyf.

Die laaste ding wat sy moet doen, is kommunikas­ie, maar sy is die een wat al die oproepe by Taktiek hanteer. As sy dit net ’n bietjie vinniger kon doen. “Vreemd genoeg is Mandri ook ’n enigste kind. Ons het dit geniet om die dinamika tussen boetie en sussie te ontdek,” sê Schalk.

WILLY

Keeno-Lee Hector is te sien as Willy Brown, Goose se beste vriend en ook ’n sekuriteit­swag. “Die karakter is só goed geskryf, en elke toneel was ’n plesier,” sê Keeno-Lee.

“Ons het die ruimte gehad om te speel, en baie van die tonele begin of eindig met skreeusnaa­kse onvoorbere­ide dialoog. Die verhouding tussen Willy en Goose was vir my die bevredigen­dste – almal het so ’n vriend nodig.”

VENTER

James Borthwick, wat as Ferdie in Hotel te sien was, vertolk nou die rol van Venter in Taktiek.

Hy is ’n knorrige oorlogsvet­eraan wat al lankal moes aftree, maar as sekuriteit­swag werk om die pot aan die kook te hou. “Die feit dat selfs ouer mense soos ek darem ’n ou werkie kan kry, is vir my die hoogtepunt,” sê James.

KAREN

Marion Holm speel Karen. Haar man, Jorrie (Deon Lotz), is ’n skelm sakeman wat tronk toe gestuur word terwyl Karen self ’n onbetaamli­ke liefde vir geld het. Hul dogter is Lisa, gespeel deur

Leché Joubert.

“Wat ek die meeste van Karen geniet, is dat sy so reguit sê wat sy wil en nie vir ’n oomblik dink dat sy dalk verkeerd kan wees nie,” sê Marion.

LISA

Leché Joubert, wat in Vergeet my nie was, speel Lisa wat deur haar skatryk verloofde, Arend (Ludwig Binge), verlaat word omdat hy nie kans sien vir haar familie se skandes nie. In ’n sameloop van omstandigh­ede word sy die baas van Taktiek. “Lisa is ’n warrelwind van emosie en is nie bang om dit te wys nie. Hierdie is my eerste komedie, en sy was die perfekte karakter,” sê Leché.

BRONWYN

Melissa de Vries, wat ook in Arendsvlei speel, se karakter werk by die kroeg op die dorp.

Bronwyn en Willy was vroeër ’n paartjie, maar dinge was ingewikkel­d en toe werk dit nie uit nie.Tog kruis hul paadjies gereeld en lyk dit asof daar dalk nog ’n vlam is.

“Bronnie is bad-ass. Ek is mal oor haar sarkasme, en sy sê soms goed wat ek as Melissa nooit vir mense sal kan sê nie.”

 ?? ?? Keeno-Lee en Bennie speel beste vriende.
Keeno-Lee en Bennie speel beste vriende.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa