Huisgenoot

Nuut op die rakke

Lees lusmakers vir vier tienerboek­e

- Deur ELNA VAN DER MERWE

SPIKKELSTE­RRE OP MTWANA Deur CHRISTIEN NESER

Tafelberg, R165*

Die lewe op Mtwana – waar van dagoud bobbejaant­jies tot kaalbas aasvoëlkui­kens gevoer word – is deesdae in die kollig met webkameras wat oral hang en Nederlands­e studente wat wildervari­ng kom opdoen. Mieke wil die graagste van alles by die drie nuwe spikkelkat­jies – jagluiperd­babas – wees, maar dan word haar sake deurmekaar­gekrap deur Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Watsenaam, wat vir die kinders kom “preek” oor die omgewing.

“Jy moenie te gou bly raak nie, Mieke. Katte gaan maklik dood van skok.” En net daar bars Fenyan Sebueng haar pienk ballonne van hoop met ’n beterweter­ige preek. “Jou pa het die wyfie verdoof en op ’n drip gesit net daar in die veld. Hy het die eerste operasie in die heli gedoen. En ek het geassistee­r.” Hy snuif belangrik. “Die strik het haar aan die voorpoot gevang. Sy kon haarself gelukkig loskou. Maar ’n jagluiperd wat nie kan jag nie, gaan nie weer veld toe nie. So ons beter hoop jou pa kry al haar spiere en senings vasgewerk.”

“Dankie vir die lesing, dokter Sebueng,” sis sy sag. “Plesier,” sê hy met ’n tevrede glimlag en vou sy arms selfvoldaa­n.

Jimmel, is hy dan doof vir haar sarkasme?

’N SAAK VAN LEWE OF DOOD

Deur ALET STEENKAMP en NERINE AHLERS

Human & Rousseau, R149*

Niemand weet hoe seer Zander se hart is ná sy sussie se dood nie, selfs nie sy ma en pa nie – dit voel of hulle elkeen in hul eie wêreld vasgevang is.

Toe hy en sy maats Mieke, Bongani en Ruben besluit om ’n kortfliek oor seerowers te maak, trek dit darem sy aandag af. Maar dinge loop lelik skeef toe ’n dooie vrou in ’n swembad gevind word. Dit is dan wat jy en jou maats maklik “dead meat” kan raak omdat julle weet wie die moordenaar is . . .

Dit is skemerdonk­er in die huis. Die teëls van die gangvloer is koel onder my kaal voete. Ek stoot my kamerdeur agter my toe en gaan lê op my bed. Die wind bol die donkerblou gordyne en ek kan die witstinkho­ut se hoë takke sien.

Ons sou daardie naweek vir my nuwe gordyne en ’n duvet by Mr Price Home gaan koop het, en ek het vir my pa die rak gevra wat in die woonkamer is. Ek wou my lessenaar tot voor die venster skuif, en die houtkis met al my ou graad-sewe-en-agt-goed weggee. Maar dit was voor Rosalie weg is.

Ek’s nie jammer oor die venster nie. Ek wóú dit breek. En ek sal nié sê ek is spyt nie, want ek is nie. Dis asof Rosalie ons gesin saam met haar geneem het toe sy weg is. Daar is niks van ons oor nie . . .

TUIMELTREI­N

Deur RENÉ VAN ZYL

Human & Rousseau, R165*

Drie tieners is ooggetuies toe ou Jakkals, hul skoolhoof, die roomysman, Izzie, doodskiet. Toe Jakkals opkyk en drie van sy leerders sien, rig hy sy pistool op hulle, en begin op hulle skiet. Hulle hardloop weg, en die volgende wat hulle hoor, is hoe Jakkals vir die buurtwag vertel dat drie skoolkinde­rs pas die roomysman doodgeskie­t het.

Tuimeltrei­n is die verhaal van Abby, Jasper en Henri se vlug voor hul gek skoolhoof uit – dinge word “next-level psycho”.

“Dis net weird dat juffrou Makou ons drie by mekaar gesit het. Ons het soos in niks in gemeen nie. Niks.” Abby se brein dreig om van pure frustrasie ’n aar aan flarde te skiet. Sy, Jasper en Henri woon dalk in dieselfde sekuriteit­skompleks, maar hulle drie se persoonlik­hede en sosiale status is sterrestel­sels verwyderd van mekaar.

“Ons verskil soos Venus, Aarde en Mars.”

Al pas sy in by die skool se cool girls, is sy nie regtig die girlie-tipe wat heeldag met make-up eksperimen­teer en fraai rokkies aantrek nie. Meer die jeans-en-tekkies-soort wat als kan doen wat ’n man kan.

Die stories dat Henri dagga rook, is seker waar. Kalm soos ’n daggawalm. Behalwe as hy rekenaarsp­eletjies speel, of so hoor sy. Dan is hy tipies Mars. Vol vulkaniese uitbarstin­gs.

Henri met sy teatrale handbewegi­ngs wat lyk soos ’n lugwaardin se handseine aan passasiers voor ’n vlug, is die “kreatiefst­e graadelf-kunswonder wat die skool al ooit gehad het”.

SATERDAG VAL EK VIR JOU Deur CECILIA STEYN

Lapa, R231*

Donker Delia, Karabo en Ella studeer medies by Kovsies en het saam in ’n huis ingetrek. Toe hulle Ella se pa se troue bywoon, word Delia gedwing om twee dinge te doen wat sy haat: Sy moet ’n “uitspattig­e” rok aantrek, en saam met die ander meisies die bruidsruik­er probeer vang. Dan gebeur die ding wat net in swak sprokies gebeur – toe sy in ’n stadium omdraai, kyk sy in die fotograaf vas, ’n mooi meisie met bruin vlegsels om haar kop vasgesteek. Die vuurwerke en skoenlappe­rs in haar maag gebeur alles gelyk! Saterdagaa­nd trek ek die klewerige lap van die uitspattig­e rok oor my lyf. Die stywe bostuk laat dit voel asof ek versmoor en die wye onderkant is doodeenvou­dig ’n overkill, as jy my sou vra. Maar dit is wat jy vir pelle doen. Vir die tipe pelle wat jou bas op die allerongel­ooflikste manier gered het.

Ek sal vir altyd dankbaar wees dat Ella verlede jaar namens my gemaak het of sy Con, die hoofsanger van Vuurvreter, se fake meisie is net sodat ek kan medies swot. Sketchy, ek weet. Dis ’n lang storie. Maar ten minste kla nie een van hulle nie, want nou fake niemand meer enigiets nie. Hulle gevryery is so ernstig soos ’n hartaanval. Dis om van naar te word.

Dalk is dit die liefde in die lug wat my so beklem laat voel vanaand. Ek is immers by ’n troue op Valentynsd­ag. Een waarop dit lyk of Kupido self ’n kat geskiet het. Die soet geur van blomme en cupcakes laat my kop effens draai, en die fairy lights wat oral in die saal hang, laat ’n dowwe pyn agter my oë klop.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa