Huisgenoot

LIEFDE SOOS DIE SAND VAN DIE WOESTYN

- Die trouringe is ontwerp deur Carlo Hayes.

Dis mos nou so Namibies soos kan kom! CHANIQUE RABE, wat in 2021 haar mededinger­s in die Mej. Supranasio­naal-kroon uitgestof het, en haar jarelange kêrel KYLE

HONEYBORNE het onlangs in die Namib getrou.

Sowat honderd gaste het die paartjie se spesiale oomblik in die wêreld se oudste woestyn gedeel.

Die Namibies gebore skoonheid se bruidegom is van Pretoria, maar hulle het mekaar ontmoet in Swakopmund, die historiese woestyndor­p aan die Namibiese kus. Daarom het ’n huwelikser­emonie tussen die omringende duine vir hulle nommerpas gevoel.

“Ons het net soveel ongeloofli­ke herinnerin­ge hier. Ons was so ’n bietjie senuweeagt­ig oor die wind en sand wat dalk kan waai, maar dit het fantasties uitgedraai,” sê Chanique.

Sy het soos ’n droom gelyk in haar trourok wat deur Anel Botha ontwerp is. “Sy het elke liewe droom oortref wat ek oor ’n trourok gehad het. Ek het soos ’n feëprinses gevoel. Selfs Kyle het gesê dis regtig die mooiste rok wat hy al gesien het,” sê Chanique.

Die paartjie se trouringe is ook spesiaal vir hulle ontwerp deur die juwelier Carlo Hayes.

Om mekaar eindelik man en vrou te kon noem, was vir hulle baie spesiaal. “Ons sien uit na ons volgende hoofstuk as getroudes, om ons eie tradisies te bou en saam herinnerin­ge te maak.”

Die egpaar het drie weke gelede in hul huis in Pretoria ingetrek. Hul wittebrood lê nog voor, maar Kyle swyg nog soos die eeue oue duine van die Namib oor hul bestemming.

“Ek het geen idee waarheen ons gaan nie. Ons vertrek oor drie weke en ek weet net ek moet lekker swembroeke inpak. Ek kan nie wag nie!”

 ?? ?? Die voormalige Mej. Supranasio­naal Chanique Rabe en Kyle Honeyborne het onlangs in Swakopmund aan mekaar trou beloof.
Kyle kon skaars wag om sy bruid te soen.
Die voormalige Mej. Supranasio­naal Chanique Rabe en Kyle Honeyborne het onlangs in Swakopmund aan mekaar trou beloof. Kyle kon skaars wag om sy bruid te soen.
 ?? ?? Die pasgetroud­es en hul gevolg. Van links is Shané Smith, Mareli Opperman, Celia Whitehead, Katja Pieters, Chanique, Kyle, Morné du Plessis, Pierre Fouché en Wessel Joubert.
Die paartjie ry in ’n safarikar omring deur die duine van Namibië.
Haar trourok was ’n skepping deur Anel Botha.
Die sanger en fotograaf Willem Botha was onder die gaste.
Die pasgetroud­es en hul gevolg. Van links is Shané Smith, Mareli Opperman, Celia Whitehead, Katja Pieters, Chanique, Kyle, Morné du Plessis, Pierre Fouché en Wessel Joubert. Die paartjie ry in ’n safarikar omring deur die duine van Namibië. Haar trourok was ’n skepping deur Anel Botha. Die sanger en fotograaf Willem Botha was onder die gaste.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa