Huisgenoot

BRITNEY BLY SPEEL OP DIE AFGROND

-

HAAR sagte plek vir stout seuns is g’n geheim nie – en daarom is BRITNEY

SPEARS se nuwe liefde alsbehalwe ’n verrassing. Terwyl haar huwelik met Sam Asghari (29) verbrokkel, vind Britney (41) troos in die arms van haar voormalige huishouer, PAUL RICHARD SOLIZ (37) – ’n man met ’n misdaadges­kiedenis. Hierdie geskiedeni­s sluit in aanklagte van bestuur sonder ’n rybewys, besit van ’n middel met die doel om te verkoop, die onwettige besit van ’n vuurwapen, rusverstor­ing en kinderbedr­eiging.

Paul is in 2022 aangestel om Britney se toilette en vloere skoon te maak en vullisverw­ydering te doen, maar toe weer afgedank toe sy probleme met die gereg bekend word.

Nou wil gerugte dit egter hê dat Sam van Britney wil skei juis omdat hy uitgevind het sy het hom met ’n werknemer verkul.

’n Bron in die binnekring het aan Us Weekly vertel hoe Sam op beelde van Britney en Paul afgekom het wat met ’n sekuriteit­skamera opgeneem is.

“Hy is afgedank toe Britney se span uitvind hulle slaap saam, maar het weer op die toneel verskyn,” het die bron onthul.

Slegs ’n week ná die dagvaardin­g gekom het, is Britney en Paul by verskeie geleenthed­e saam gesien en het hulle saam rondgery.

Maar Britney het sedertdien die verhouding beëindig, het ’n bron aan die Daily Mail gesê.

“Hulle het ’n kort affair gehad nadat Sam Britney verlaat het, maar dit is verby. Britney het een of twee keer saam met hom uitgegaan, maar sy het nie op daardie tydstip van sy misdaadver­lede geweet nie. Sy het nie meer enige kontak met hom nie.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa