Huisgenoot

15 Oktober is Tuindag

-

Is jou blomkroon reg? Hou op skoffel en spit en begin beplan(t), want dis tyd vir ’n partytjie in jou tuin. Dit kan ’n luilekker middagete, ’n feestelike piekniek, ’n familiebra­ai, skemerkelk­ies saam met vriende, of tee saam met jou beste vriend wees. Vir idees en inspirasie gaan na tuindag.co.za

VOOR die vieringe begin, maak seker jy het jou blomkroon op – dis die Tuindag-simbool. Deel dan jou foto’s met ons. Gebruik die hutsmerk #GardenDayS­A en volg ons by @GardenDayS­A op sosiale netwerke. Hier is Marciel se wenke vir ’n fantasties­e tuinpiekni­ek.

1 Kry jou piekniekpl­ek reg

Laat die gras sny, lei jou plante nat en skep ’n skadukol met ’n helder sambreel as dit te warm is – dit lyk dan sommer feestelik.

2 Beplan die kos

Toebroodji­es is altyd ’n maklike uitweg. Hol ’n waatlemoen uit om ’n natuurlike slaaibak te vorm en maak hom propvol met ’n heerlike koeskoes-, pasta- of aartappels­laai. Biltong en droëwors is ook maklik om te pak (en lekker). Brood en ander deli-kos maak die ete spesiaal sonder veel voorbereid­ing. Koue kaaskoekha­ppies of roomyshori­nkies is heerlike koel nageregops­ies.

3 Geniet!

Perfekte pieknieks en partytjies gaan oor die tyd wat ons saam met vriende en familie deurbring. As jou tuin groot genoeg is, pak ’n paar speletjies uit soos ’n Scrabble-bord of hou ’n sakresies.

4 Kombers en kussings

Komberse en kussings vir ’n tuinpiekni­ek is ’n moet. Kies iets wat waterdig is aan die onderkant en gooi sommer baie kussings uit. ’n Paar ekstra komberse is altyd ’n goeie idee vir as iemand dalk koud kry.

5 Kies jou mandjie

Jy kan nie ’n piekniek hou sonder ’n mandjie nie. Maar moet jou nie bekommer nie, jy hoef nie by die tradisione­le grasmandji­e te hou nie. Raak kreatief en kies enigiets waarvan jy hou – helderkleu­rige plastiek of selfs kartonboks­e is mooi.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa