Huisgenoot

KRY SÓ WAT JOU TOEKOM

-

1 MAAK SEKER DIE PERSOON HET JOU FAKTUUR ONTVANG

Stuur ’n kort, beleefde e-pos en verduideli­k die betaling is agterstall­ig. Vra of hulle die aanvanklik­e faktuur ontvang het en of dit in orde is. Heg ook die faktuur weer aan.

2 AS DIE PERSOON NIE BINNE ’N PAAR DAE REAGEER NIE

Stuur weer ’n kort e-pos en die faktuur. Verduideli­k die betaalopsi­es en dat hulle dit oor ’n tydperk kan afbetaal. Wees profession­eel en moenie hul vermoë om te betaal bevraagtek­en nie.

3 NOG NIKS IN JOU REKENING?

Bel die persoon. Dit kan ongemaklik voel, maar jy het ’n diens gelewer en is geregtig op vergoeding. Verduideli­k dat jy verskeie kere per e-pos opgevolg het oor ’n laat betaling, maar geen reaksie gekry het nie. Jy kan hulle ook weer aan die verskillen­de betaalopsi­es herinner.

4 IS DIT DIE MOEITE WERD?

Jou tyd, moeite en onkoste om die uitstaande betaling te kry, gaan dalk meer wees as wat die persoon skuld. Oorweeg

dan om dit eerder as “skoolgeld” af te skryf – maar moenie weer vir die persoon of instansie werk nie.

As jy op kontrak is, kyk of hulle kontrakbre­uk pleeg. Verwittig die betrokke bestuurder in e-pos dat jy nie verder kan werk nie, aangesien hulle nie hul deel van die ooreenkoms nakom nie.

5 WATTER STAPPE KAN EK NEEM OM MY GELD TE KRY?

Daar is basies drie opsies:

■ Jy kan ’n siviele saak teen die wanbetaler maak met behelp van ’n prokureur.

■ Stel ’n skuldinvor­deringsage­ntskap aan.

■ Gaan na die Hof vir Klein Eise.

Die eerste twee opsies gaan geld kos, so vra meer as een prokureur of skuldinvor­deraar wat hul kostes sal wees.

Ál drie hierdie opsies het ’n groter kans op sukses as jy ’n behoorlike kontrak met die wanbetaler het.

Vir die Hof vir Klein Eise het jy nie ’n prokureur nodig nie. Die perk vir eise is R20 000.

Jy moet eers ’n brief aan die wanbetaler aflewer (persoonlik of per koerier) waarin jy die feite en die verskuldig­de bedrag uiteensit. Die persoon het dan 14 dae om jou eis te skik.

Doen hy dit nie kan jy by die Hof vir Klein Eise aansoek doen vir ’n dagvaardin­g.

Die amptelike stappe word op justice.gov.za uiteengesi­t, asook waar die naaste hof is.

By die verhoor sal ’n kommissari­s na albei partye luister en daarna uitspraak lewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa