Huisgenoot

SA maatskappy finalis in prins William se Earthshot Prizes

-

’NORGANISAS­IE van Suid-Afrika, Abalobi, is onlangs as finalis in vanjaar se Earthshot Prizes aangewys. Die kompetisie is in 2021 deur Brittanje se prins William begin. Daarmee word organisasi­es vir hul bydrae tot omgewingsb­ewustheid (sien Woord van die Week) beloon.

Daar is vyf afdelings in die kompetisie, wat geïnspiree­r is deur die Verenigde Nasies (VN) se doelwitte vir volhoubare ontwikkeli­ng.

Dis die herstel en beskerming van die natuur; lugsuiwerh­eid; die herstel van die oseaan; om afvalvry te leef; en klimaataks­ie. Elke wenner kry ’n geldprys, mentorskap en ondersteun­ing met hulpbronne en tegnologie.

Abalobi is in die afdeling vir die herstel van die oseane benoem. Die naam kom van ’n Xhosawoord wat “visser” beteken.

Die maatskappy help klein vissersgem­eenskappe om suksesvol te wees deur opvoeding te verskaf en te help met entreprene­urskap.

Die maatskappy het ’n app ontwikkel wat help dat vissers kan wys hoe hulle op volhoubare maniere visvang. Dit help ook om ’n billike prys uit te werk vir die vis. Met behulp van die app kan oorbevissi­ng beperk word.

Abalobi se tegnologie word tans deur 1 600 vissers in 12 lande gebruik. Al wat nodig is, is ’n foon.

Op dié manier word die vissers en hul gemeenskap­pe deel van die pogings om die oseane te beskerm. Dit help verseker dat toekomstig­e geslagte dit ook nog kan benut.

“Gemeenskap­pe reg oor die wêreld wat langs die kuslyn woon, is baie belangrik in die stryd om ons oseane se gesondheid te behou. Ons is dankbaar dat die Earthshot Prize die pogings van hierdie gemeenskap­pe raaksien en beloon,” het Abalobi se medestigte­r Serge Raemaekers oor hul benoeming gesê.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa