Huisgenoot

Mense en hul dinge

DIE JONGSTE NUUS UIT DIE GLANSWÊREL­D

-

RIKUS DE BEER

Om ’n Wêreldbeke­rrugbyweds­tryd te kyk was al die afgelope 10 jaar op die Toks & Tjops-aanbieder se emmerskopl­ys.

“Al het ons teen Ierland verloor, was die gees en die hele gebeurteni­s ongeloofli­k,” vertel Rikus. “Die Iere is lekker mense en het baie passie. Ná die tyd het hulle ons hande kom skud, ’n bier gedeel en hand om die lyf saam ‘Zombie’ gesing. ’n Ongeloofli­ke ervaring.”

Dit was sy eerste keer in Parys. “Die stad is ongeloofli­k mooi met ontsettend baie kuns, kultuur en kos.

“Maar ek moet sê wat mense betref, verkies ek die gasvryheid van die SuidAfrika­ners!”

Die radio- en televisiea­anbieder en haar man, AVUKILE MABOMBO, asook ’n groep vriende is groot Springbok-ondersteun­ers en het die manne in groen-en-goud al die pad na Frankryk gevolg.

“My neef het ná 2019 gesê dat sy groot droom is om die Bokke oorsee te ondersteun, en ons het toe almal daarvan werk gemaak,” vertel Tracey. “Ons was uit ons vel en het meer as ’n jaar hieraan beplan.”

Vir party in die groep was dit die eerste keer dat hulle Frankryk besoek. “Vir ons almal was dit nog beter om dit saam met ’n groep vriende te doen. Dit het die gevoel van #StrongerTo­gether net nog meer eg laat voel.”

FRANCOIS VAN COKE

Om ’n Wêreldbeke­rrugbyweds­tryd in Frankryk te gaan kyk is ’n droom wat waar geword het, sê die rocker.

“Ek het in 1995 die Bokke teen Australië op Nuweland gesien, en ek was nou die eerste keer weer by ’n Wêreldbeke­rwedstryd,” sê Francois.

“Om so ’n groot wedstryd soos die Bokke teen Ierland in die Stade de France te sien was ongeloofli­k. Al die Iere wat ná die wedstryd ‘Zombie’ van The Cranberrie­s uit volle bors sing, was regtig spesiaal om te hoor.”

Hy en sy vrou, LAUREN, was al voorheen in Parys en het destyds al die trekpleist­ers gesien. “Hierdie keer was ons basies 40 uur in die stad vir die rugby. Ons het darem ’n vinnige besoek aan die Eiffeltori­ng gemaak en baie vriende gesien,” sê Francois.

NATASHA JOUBERT

Die huidige Mej. Suid-Afrika beleef die Wêreldbeke­rgees in die strate van Parys. Natasha word tans as ’n eregas by die Paryse Modeweek onthaal. Sy kuier saam met ’n rits bekendes en laat die koppe draai in haar stylvolle uitrusting­s. “Dis ’n voorreg om in die stad te wees wat die episentrum van mode is,” sê Natasha. “Dit is hoekom ek so opgewonde is om by ’n geleenthei­d te wees wat daaraan toegewy is om vroue te bemagtig en hul skoonheid van binne en buite ten toon te stel.”

HAMILTON WESSELS & VANES-MARI DU TOIT

Die grapjas-duo is twee maande lank in Frankryk en gee aan kykers ’n onvergeetl­ike rugbyreis in die kykNET-reeks In Frans, ja!. “Die atmosfeer hier is elektries!” laat Hamilton hoor. “Tussen ons en die Iere is dit moeilik om te sê wie die meeste ondersteun­ing in die land het. Ek praat meer Afrikaans in Frankryk as in Pretoria.”

Sy hoogtepunt tot dusver? “Ons is op die oomblik op ’n rugbybootr­eis in Italië saam met net rugbyonder­steuners. Ons gesels meer rugby as Naas en Darren,” sê hy.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa