Huisgenoot

HOE VOORKOM EK WANBETALIN­GS?

-

1 WERK JOU ADMIN BY

Weet wie jou kliënte is, kry hul ID-nommers en kontakbeso­nderhede.

Hou boek van alle dienste wat jy lewer en die datum daarvan. Onthou om jou fakture betyds uit te reik. Jou korrekte rekeningbe­sonderhede en ’n verwysings­nommer moet daarop wees.

As jy laat is, of die inligting foutief, het die kliënt verskoning om ook laat te wees.

As jy dit nie per e-pos doen nie en met ’n faktuurboe­k, maak seker dat jy die afskrif van die faktuur hou.

2 SIT OOREENKOMS­TE OP SKRIF

Dit kan ’n eenvoudige kontrak wees, maar jy moet die betalingsv­oorwaardes uitstip, byvoorbeel­d betaling binne 30 dae nadat die rekening gestuur is.

Stip uit watter laatbetali­ngsboetes van toepassing sal wees, byvoorbeel­d 5% vir elke agterstall­ige maand.

Vra iemand wat reeds vir ’n ruk “side hustle” watter voorwaarde­s hulle stel.

As dit ingewikkel­de werk is en die vergoeding hoog, moet jy liewer ’n prokureur oor die kontrak raadpleeg.

3 VRA ’N DEPOSITO

As jy ’n produk verkoop, kan jy byvoorbeel­d 50% van die bedrag vooraf vra. En as jy ’n diens lewer, vra dat die koste gedeelteli­k of ten volle vooruit betaal word. As jy ’n goeie reputasie het, behoort jou kliënte nie om te gee nie.

4 MAAK BETALINGS GERIEFLIK

Kontantbet­alings is deesdae seldsaam. Aanvaar dus elektronie­se oorbetalin­gs na jou bankrekeni­ng.

Jy kan ook kaartbetaa­ltoestelle koop of huur.

Dis maklik om te gebruik, maar vergelyk eers die verskillen­de fooie en kommissies – dit kan wissel van so 1,75% tot 4% per transaksie.

Kies die een met die laagste kommissie en fooie, goeie seinopvang­s en wat die geld gou in jou rekening inbetaal.

Vergelyk jou eie bank se aanbod (dit is moontlik dat dit vinniger in jou rekening oorbetaal word) met ander opsies.

5 KRY HULP

Stel ’n assistent aan as jy sukkel met admin of ongemaklik­e oproepe om geld in te win. Sodoende gee jy aan ook iemand anders ’n ekstra inkomste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa