Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Dit is vir jou ’n belangrike week, want jou heersende planeet, Mars, verwissel van teken en kom in joune tot rus. Dit sal jou selfvertro­ue en charisma verhoog. Span jou mag op ’n slim manier in en gebruik dit om jou doelwitte te bereik en met jou planne vordering te maak. Dit behoort jou ook energie te gee en te motiveer en jou laat voel jy kan berge versit. GELUKKIGE NOMMERS 3, 10, 16, 31, 12, 4

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Al wil jy meer gehaltetyd op jou eie en saam met jou gesin bestee, aktiveer die nuwemaan op die 14de jou vriendskap­sektor. Dit behoort ’n tyd te wees van sosialisee­r en bande hernu. Aangesien jy ’n bietjie van ’n filantroop is, moet jy dit dalk oorweeg om by ’n groep eendersden­kendes aan te sluit. Saam kan julle ander mense ophef en gedeelde belangstel­lings uitleef. Jy moet net tyd maak vir wat saak maak. GELUKKIGE NOMMERS 4, 21, 42, 50, 36, 16

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Nadat jy baie moeite aan ’n loopbaanve­rwante kwessie bestee het, kry jy vandeeswee­k ’n bietjie van ’n blaaskans. Maar as jy getrou is aan jou aard, is jy nooit te ver daarvan om ’n sakegeleen­theid raak te sien waarin jy jou kreatiewe energie kan stort nie. Projekte waarby vriende betrokke is, is nou baie geskik. Maar dit is belangrik dat jy ’n bloudruk opstel en daarvolgen­s optree. GELUKKIGE NOMMERS

11, 16, 28, 47, 24, 14

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Dit is tyd om meer gefokus te word en daarop te konsentree­r om jou doelwitte by die werk te ontwikkel aangesien die mededingen­de Mars op die 12de jou teken binnekom. Al hou jy nie daarvan om die aandag op jouself te vestig nie, moet jy leierskap toon as jy jou kans wil vergroot om vooruit te beweeg. Met die regte hoeveelhei­d moeite en fokus kan jy ’n standvasti­ge inkomstest­room ontwikkel wat jou ’n gevoel van sekuriteit sal gee.

GELUKKIGE NOMMERS 45, 36, 29, 11, 31, 42

VISSE

19 FEB – 20 MRT

Sonder die dinge uit wat in jou lewe vir jou uiters belangrik is. Fokus eerder daarop om daardie doelwitte te behaal pleks daarvan om te voel jy moet alles bereik. As jy aan jou aard getrou is, word jou aandag dalk soms te veel afgelei, stel jy uit en val jy rond sonder om veel uit te rig. Die nuwemaan op die 14de moedig jou aan om nouer met ’n ander mens saam te werk. Julle twee kan jul hulpbronne saamvoeg en baie vermag.

GELUKKIGE NOMMERS 48, 17, 13, 11, 16, 27

RAM

21 MRT – 19 APR

Jou heersende planeet, Mars, verwissel die week van teken en maak hom in die aanloklike en kragtige teken van die Skerpioen tuis. Jy kan ’n toename in jou lewenskrag ervaar, en as jy dit versigtig bestuur, kan jy duidelikhe­id op vele lewensvrae kry. Dit geld veral loopbaanve­rwante sake, en dinge kan begin in plek val terwyl jy die een transaksie ná die ander beklink. Dinge lyk belowend op vele vlakke, selfs jou liefdeslew­e lyk skouspelag­tig. GELUKKIGE NOMMERS 2, 13, 26, 41, 25, 4

BUL

20 APR – 20 MEI

Dis asof nuwe lewe hierdie week in jou liefdeslew­e ingeblaas word wanneer die magiese Mars jou liefdeshor­oskoop binnekom. Laat jou toe om deur jouself en ander mense verras te word, veral wat aantrekkin­gskrag betref. Jy begin dalk selfs met ander oë kyk na iemand wat jy as ’n platoniese vriend beskou het. Die gesondheid­svoordele van lewenskrag­tig en lewend voel, kan nie onderskat word nie. GELUKKIGE NOMMERS 21, 26, 36, 41, 32, 23

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Jy sal vandeeswee­k baie bereik as jy dit kan regkry om die gemoedere by die werk te kalmeer deur beter strukture en prosedures in plek te stel. Dit is ’n geval van lei deur ’n voorbeeld te stel. Voeg dus woord by die daad en sit skouer aan die wiel. Die nuwemaan op die 14de aktiveer jou kreatiwite­itsen prethorosk­oop. Sorg dat jy jou h6and waag aan wat jy ook al as kreatief beskou: skryf, skets of woordspele­tjies speel. GELUKKIGE NOMMERS 19, 45, 49, 50, 48, 29

KREEF

21 JUN – 21 JUL

Dit is tans ’n unieke tyd vir jou en jou lewensmaat om langtermyn­besluite te neem wat heelwat toewyding en volharding behels. Dit sluit dalk in gesinsbepl­anning, vir ’n eiendom spaar of jou aandag op iets opvoedkund­igs rig. Jou huis is altyd jou eerste prioriteit. Met dié dat die nuwemaan vandeesmaa­nd in daardie deel van jou lewe val, is dit ’n baie goeie tyd om jou huis na jou smaak op te knap en jou huishoudin­g noukeurig te bestuur.

GELUKKIGE NOMMERS

2, 7, 37, 40, 21, 3

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Niemand hou daarvan om in ’n blik gedruk te word om hulle tot iets te verbind nie. Werk dus eerder saam met jou lewensmaat wat ernstig daaroor is om oor geldsake, beleggings, ’n huislening of eiendom te praat. Daar is geen aanduiding van weerstand tussen julle twee nie; gebruik dus die voordelige konteks om jul beste plan en weg vorentoe uit te werk. Jy is nou besonder skerp en slim; druk dus jou gedagtes en idees doeltreffe­nd uit. GELUKKIGE NOMMERS 9, 33, 49, 51, 37, 25

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

Jy en jou geliefde is op die oomblik albei in ’n baie ernstige gemoedstem­ming. Dit lyk na die perfekte tyd om oor gewigtige sake te praat en toekomsbes­luite te neem wat op werklikhei­d en behaalbaar­heid gegrond is. As ’n Maagd sou jy graag dinge wou vaslê om van ontwikkeli­nge tred te hou. Stel dus daardie lysies op. Natuurlik moet jy besluite neem wat jy kan bekostig. Neem dus slim besluite. GELUKKIGE NOMMERS 3, 10, 23, 34, 19, 9

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa