Huisgenoot

TAYLOR SE NUWE ROMANSE

-

JA-NEE, TAYLOR

SWIFT weet beslis hoe om

’n vertoning te gee – of sy nou op die verhoog is of met haar jongste vryer spog.

Alle oë was op die sangeres toe sy onlangs gaan kyk het hoe TRAVIS KELCE, een van die grootste sterre van Amerikaans­e voetbal, op die veld stamp en stoot.

Taylor (33) is onlangs in ’n privaat losie in Kansas City afgeneem saam met Travis se ma, Donna. Hy speel vir die

Kansas City Chiefs en sy het hom luidkeels ondersteun.

Volgens ’n bron het sy en die breker in Augustus saam begin uithang nadat hulle mekaar in New York ontmoet het. “Hulle leer mekaar eers net beter ken,” het die bron aan

Today gesê.

Tog het Taylor al in Junie

Travis se aandag probeer trek – en dit nogal van die verhoog af. Sy was in Kansas as deel van haar

Eras Tour.

Hy het gereageer: “Ek was teleurgest­eld dat sy nie voor of ná haar vertonings praat nie omdat sy haar stem moet spaar vir die 44 liedjies wat sy sing.

“Ek was ’n bietjie seergemaak dat ek nie die kans gekry het om vir haar een van die armbande te gee wat ek vir haar gemaak het nie,” het Travis gesê op die podcast New Heights, wat hy saam met sy broer, Jason, aanbied

Taylor se aanhangers maak en ruil unieke armbande by haar konserte uit. Travis het gedink dit sou die perfekte verskoning vir ’n ontmoeting wees.

Vroeg in September wou hy egter nie uitpraat oor wat tussen hom en Taylor aangaan nie. “Ek gaan nie oor my persoonlik­e lewe praat nie,” het hy gesê.

Maar twee weke later is hulle saam gesien toe hulle by die stadion uitstap ná Travis se wedstryd en in sy kar klim vir ’n aand uit. Sy is ook by die partytjie ná die wedstryd saam met Travis afgeneem.

Travis het voorheen met die verslaggew­er Kayla Nicole uitgegaan, en vir vyf jaar aan en af met die TV-persoonlik­heid Maya Benberry. Hy het Maya in 2016 op sy afspraakpr­ogram Catching Kelce ontmoet.

In ’n onderhoud met die Daily Mail het Maya vir Taylor ’n waarskuwin­g gestuur dat haar nuwe ou ’n narsisties­e verneuker is. “Sekere eienskappe verander nie in ’n man nie. Ek voel Travis is ’n narsis. En narsiste verander nie.”

Net die tyd sal leer of Taylor haar aan die waarskuwin­g sal steur of met die nuwe romanse sal voortgaan. Een ding weet ons: Ons gaan goeie musiek hieruit kry.

 ?? ?? KIM SNYDERS
KIM SNYDERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa