Huisgenoot

5 DINGE waaroor ONS WONDER

-

NUUS OOR BRUCE WILLIS

BRUCE WILLIS (68) se familie het ’n paar moeilike maande agter die rug sedert hy met frontotemp­orale demensie gediagnose­er is. Volgens sy vrou, EMMA HEMING, weet hulle nie of hy heeltemal bewus is van wat alles om hom aangaan nie. “Dit is moeilik vir die mens wat gediagnose­er is. Dis ook moeilik vir die familie,” sê Emma (45) in ’n onderhoud op die program Today.

VERDAGTE AANGEKLA VIR TUPAC SE MOORD

Dis 27 jaar sedert die rapper TUPAC SHAKUR (25) doodgeskie­t is ná hy ’n boksgeveg in Las Vegas bygewoon het. En onlangs is daar oplaas ’n verdagte aangekeer. Volgens die polisie het Duane Keith Davis (60) die skietery beplan nadat die rapper en ander mense sy neef aangeval het. “Oor die afgelope vyf jaar het ons talle onderhoude gevoer en feite bevestig wat met die misdaadton­eel en die verloop van gebeure daardie aand ooreenstem,” het die ondersoeke­r Jason Johansson aan die media gesê.

GEEN SEKS MET KANYE NIE

Die model JULIA FOX het oopgemaak oor haar warrelwind­romanse met KANYE WEST in 2022. In haar nuwe boek, Down the Drain, delf Julia (33) in haar vorige verhouding­s en bespreek haar sekslewe intiem. Toe die New York Times vra hoekom daar geen sappige besonderhe­de oor Kanye (46) in is nie, het die aktrise geantwoord: “Want daar was niks. Dit het nie eintlik daaroor gegaan nie.”

CHER HET SEUN LAAT ‘ONTVOER’

CHER het glo mans gehuur om haar seun Elijah Blue Allman (47) uit ’n hotelkamer te “ontvoer” in ’n poging om hom vir dwelmrehab­ilitasie te laat opneem. Só sê ’n vriend van Cher (77) nadat hofdokumen­te wat in 2022 ingedien is, uitgelek het. Daarin wou Elijah se vervreemde vrou, Marieangel­a King, weet waar hy is. “Ek het geen twyfel daaroor nie dat, wat sy ook al vir Elijah gedoen het, met die beste bedoelings was,” het die vriend aan Page Six gesê.

BRITNEY OP ’N MESPUNT

BRITNEY SPEARS het ’n “welstandsb­esoek” van die polisie gekry. Die rede? Haar aanlyn video waarin sy met twee groot kombuismes­se dans. In die makabere toneel tol Britney (41) in die rondte en maak kapbewegin­gs met die messe. Volgens bronne het iemand na aan die sangeres die polisie gebel, maar hulle het bevind sy’s nie ’n gevaar vir haarself of iemand anders nie. Kort daarna het Britney haar aanhangers verseker dit was fopmesse wat sy by ’n rekwisiete­winkel gekoop het.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa