Huisgenoot

GROENKOESK­OESSLAAI met TZATZIKI

-

KOESKOES GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 15 MIN.

250 ml (1 k) babaspinas­ie

160 ml (²⁄₃ k) komkommer, gekap ’n hand vol ment 250 ml (1 k) volkoringk­oeskoes 250 ml (1 k) kookwater

’n knippie sout 15 ml (1 e) gekapte stingelui

15 ml (1 e) olyfolie

TZATZIKI

½ komkommer, grofgerasp­er ’n knippie sout

60 ml (¼ k) gekapte ment

60 ml (¼ k) gekapte dille

250 g klapper- of ongegeurde sojajogurt

5 ml (1 t) suurlemoen­sap

SLAAI

150 g gemengde slaaiblare 10-15 olywe, ontpit en gehalveer 120 g sondroë tamaties in olyfolie, gekap

½ geel soetrissie, saad verwyder en gekap

½ avokado, gesny 30 ml (2 e) gekapte dille

100 g radyse 125 g groenbone 125 g suikerertj­ies 1 granaat se pitte ’n skeut suurlemoen­sap vir afronding

1 Koeskoes Plaas die spinasie, komkommer en ment in ’n voedselver­werker of menger en pols tot ’n puree – skraap die kante ’n paar keer om seker te maak alles word goed ingemeng. Plaas die spinasieme­ngsel in ’n bak met ’n deksel. 2 Voeg die koeskoes, kookwater en sout by en roer deur. Maak die bak se deksel toe en laat staan 3-5 min.

3 Vlok die koeskoes met ’n vurk los. Voeg die stingelui by en bedruip met die olie. Meng weer en hou in die yskas tot nodig.

4 Tzatziki Besprinkel die komkommer met ’n knippie sout. Plaas in ’n tee- of kaasdoek, druk die oortollige vloeistof uit en plaas in ’n mengbak. 5 Voeg die ment, dille, jogurt, suurlemoen­sap en ’n knippie sout by. Meng goed en hou in die yskas tot nodig.

6 Slaai Pak al die slaaibesta­nddele op ’n opdienbord uit. Skep die koeskoes oor en rond af met ’n skeut suurlemoen­sap en nog olyfolie, indien verkies. Sit voor saam met die tzatziki.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa