Huisgenoot

GEMARINEER­DE EIERVRUGSO­SATIES

-

LEWER 8 SOSATIES / BEREIDING EN GAARMAAK: 40 MIN.

2 eiervrugte

5 ml (1 t) sout, vir oorsprinke­l 1 rooi-ui, in kwarte gesny

45 ml (3 e) sesamsaad, vir voorsit 1 stingelui, fyngekap, vir voorsit

MARINADE

80 ml ( k) sojasous

125 ml (½ k) lemoensap

30 ml (2 e) rysasyn 15 ml (1 e) bruinsuike­r

60 ml (¼ k) esdoringst­roop 3 knoffelhui­sies, fyngekap

5 ml (1 t) gerasperde gemmer

10 ml (2 t) sesamolie 30 ml (2 e) suurlemoen­sap

10 ml (2 t) srirachaso­us (opsioneel) 15 ml (1 e) mielieblom

Voorverhit die oond tot 180 °C. Hou 8 sosatiesto­kkies byderhand.

1 Sny die eiervrugte in skywe van 2 cm dik. Sprinkel die sout eers aan die een kant en dan aan die ander kant oor en laat sweet 5 min. Spoel die skywe goed af en druk droog met kombuispap­ier.

2 Prik die eiervrugsk­ywe oraloor met ’n vurk of ’n sosatiesto­kkie en sny elkeen in kwarte.

3 Marinade Meng al die bestanddel­e buiten die mielieblom in ’n kastrol oor hoë hitte. Verlaag die hitte effens en roer tot die suiker en stroop opgelos het. Jy kan dit ook in die mikrogolfo­ond doen. 4 Verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Plaas die eiervrugkw­arte in die marinade en laat 30 min. staan. 5 Wissel af met die rooi-ui en ryg die gemarineer­de eiervrug en ui om die beurt aan elke sosatiesto­kkie. 6 Meng die mielieblom met 30 ml (2 e) water om ’n gladde pasta te vorm. Voeg die pasta by die oorblywend­e marinade en verhit op die stoof of in die mikrogolfo­ond tot die sous verdik. 7 Sit die sosaties op ’n bakplaat en verf met die oorblywend­e marinade. Bak 20 min., draai om en bak nog 1015 min. of tot die eiervrug sag is. 8 Verwyder uit die oond en sprinkel die sesamsaad en stingelui oor die sosaties net voor jy dit voorsit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa