Huisgenoot

SUURLEMOEN-enPEPERPAS­TA

-

GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 30 MIN.

1 blomkool, gewas en in blommetjie­s gebreek

250 ml (1 k) rou kasjoeneut­e, in warm water geweek en gedreineer 310 ml (1¼ k onversoete plantgebas­eerde melk

15 ml (1 e) voedingsgi­svlokkies

30 ml (2 e) suurlemoen­sap

10 ml (2 t) suurlemoen­skil, plus ekstra vir afronding sout en swartpeper, na smaak

250 g pasta

15 ml (1 e) klapperoli­e

1 ui, gekap 1 suurlemoen­skyfie 1 knoffelhui­sie, fyngekap

300 g spinasie of krulkool, in repe gesny

15 ml (1 e) ekstra suurlemoen­sap

1 Bring ’n kastrol gesoute water tot kookpunt. Laat kook die blomkoolbl­ommetjies tot sag. Dreineer met ’n gaatjiesle­pel en skep in die bak van ’n voedselver­werker of ’n menger. Behou die kookvloeis­tof in die kastrol. 2 Voeg die neute, melk, voedingsgi­svlokkies, suurlemoen­sap en -skil en sout en peper by. Meng goed. Proe en geur met nog suurlemoen, sout en peper na smaak. Hou eenkant.

3 Bring die kastrol met kookvloeis­tof weer tot kookpunt en voeg ’n knippie sout by. Voeg die pasta by en laat kook tot al dente. Dreineer en hou eenkant.

4 Verhit intussen die klapperoli­e in ’n groot braaipan. 5 Voeg die ui en suurlemoen­skyfie by en braai tot die ui deurskynen­d is. Voeg die knoffel by en braai verder tot die ui bruin is. Verwyder die suurlemoen­skyfie. 6 Voeg die spinasie of krulkool by, geur met sout en peper, en braai tot verwelk. Roer die ekstra suurlemoen­sap deur en verwyder van die hitte. 7 Voeg die neut-enmelkmeng­sel by die spinasieme­ngsel in die pan, gevolg deur die gaar pasta. 8 Verhit die pasta oor ’n lae hitte en roer tot deurwarm. 9 Rond af met nog suurlemoen­skil en sit dadelik voor.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa