Huisgenoot

BLOMKOOLKO­EKIES

-

LEWER 6 KOEKIES / BEREIDING EN GAARMAAK: 45 MIN.

750 ml (3 k) blomkool, in blommetjie­s gebreek

5 ml (1 t) olyfolie

1 ui, fyngekap

5 ml (1 t) knoffelpoe­ier

2,5 ml (½ t) fyn komyn sout na smaak 125 ml (½ k) amandelmee­l

125 ml (½ k) veganistie­se kaas, fyngeraspe­r

1 vel nori, gesnipper (opsioneel)

60 ml (¼ k) plantgebas­eerde melk 125 ml (½ k) broodkrumm­els of fyngemaald­e Corn Flakes

Voorverhit ’n lugbraaier of oond tot 180 °C.

1 Laat stoom die

blomkool tot gaar en sag en laat in die yskas afkoel. 2 Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot deurskynen­d. Voeg die knoffelpoe­ier, komyn en sout by, en braai nog ’n paar minute of tot die uie gekaramell­iseer is. Hou eenkant.

3 Plaas die afgekoelde blomkool in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot dit die tekstuur van rys het. Wees versigtig om dit nie so fyn te pols dat dit ’n puree word nie.

4 Skep die blomkoolry­s in ’n tee- of kaasdoek, druk die oortollige vloeistof uit en plaas in ’n mengbak.

5 Voeg die uiemengsel, meel, kaas en nori, indien gebruik, by en meng tot die mengsel ’n deeg vorm. Verdeel die deeg in 6 balletjies en vorm in ronde koekies. 6 Plaas die melk en krummels in twee afsonderli­ke vlak bakke. Rol die koekies een-een in die melk en daarna in die krummels. Plaas op ’n bakplaat en bespuit albei kante met kossproei.

7 Bak die koekies 12 min. in die lugbraaier en draai halfpad deur die baktyd om. As jy jou oond gebruik, bak die koekies 20-25 min. en draai halfpad om. 8 Sit die koekies voor saam met tamatiesou­s, ’n veganistie­se mayonnaise of tartarsous, indien verkies.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa