Huisgenoot

KOEKSTRUIF met AARBEIE en ROOM

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 60 MIN. SPONSKOEK

325 ml plantgebas­eerde melk 15 ml (1 e) asyn 80 ml ( k) olyfolie 5 ml (1 t) vanieljege­ursel

430 ml (1¾ k) meel 250 ml (1 k) suiker 5 ml (1 t) koeksoda 2,5 ml (½ t) sout

JELLIEBLOK­KIES

250 g aarbeie, gesny

20 g-pakkie veganistie­se jelliepoei­er (genoeg vir 32 blokkies)

ROOM

250 ml (1 k) Orley Whip

AFRONDING

suiwelvrye donkersjok­olade, vir oorrasper vars bessies mentblare

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 20 cm- ronde koekpan met kossproei. Hou ’n ysbakkie met plek vir 32 blokkies byderhand.

1 Sponskoek Klits die melk en asyn in ’n mengbak en laat staan 5 min. sodat die mengsel verdik. 2 Voeg die olie en vanieljege­ursel by en klits goed.

3 Sif die droë bestanddel­e saam in ’n aparte bak.

4 Voeg die nat bestanddel­e by die droë bestanddel­e en klits saam tot daar nie meer klonte is nie, maar moenie te veel meng nie. 5 Giet die beslag in die voorbereid­e koekpan en tik die pan op ’n werkopperv­lak sodat enige lugborrels in die beslag kan ontsnap.

6 Bak 40 min. of tot die kante begin verbruin en ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat in die pan afkoel, keer uit op ’n draadrak en laat heeltemal afkoel.

7 Jellieblok­kies Plaas ’n skyfie aarbei in elke blokkie in die ysbakkie. (Silikoonys­bakkies werk die beste.) Maak die jellie aan volgens die aanwysings op die verpakking en giet dit in die holtes met die aarbeie. Laat stol in die yskas.

8 Room Klop die Orley Whip met ’n elektriese handklitse­r tot styf. Wees versigtig om nie te veel te klits nie; die room moet kan smeer.

9 Sny die sponskoek in blokkies van

1 x 1 cm. Pak die helfte van die sponskoekb­lokkies in ’n glasbak, gevolg deur die helfte van die jellieblok­kies. Skep dan die helfte van die geklopte room oor. Herhaal die proses met die res van die koek, jellie en room.

10 Afronding Rasper ’n bietjie donkersjok­olade oor en rond af met ’n paar vars bessies en mentblare.

 ?? ??
 ?? ?? ’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT THE SOUTH AFRICAN VEGAN COOKBOOK 2 DEUR LEOZETTE ROODE (HUMAN & ROUSSEAU). FOTO’S: DONNA LEWIS. AANBEVOLE PRYS: R395. DIE PRYS WAS KORREK TEEN DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAFKENN­ISGEWING.
’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT THE SOUTH AFRICAN VEGAN COOKBOOK 2 DEUR LEOZETTE ROODE (HUMAN & ROUSSEAU). FOTO’S: DONNA LEWIS. AANBEVOLE PRYS: R395. DIE PRYS WAS KORREK TEEN DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERIN­G SONDER VOORAFKENN­ISGEWING.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa