Huisgenoot

WISSEL DIT AF

- Deur

Hoe belangrik dit ook al is om met die regte postuur te sit, is dit ewe belangrik dat jy gereeld opstaan en beweeg.

“Ons het aanbeweeg van die idee dat daar ’n ergonomies perfekte sitposisie is en dat stoelontwe­rp belangrik is vir ’n gesonde lyf, tot die besef dat dit die beste ding is om gereeld van posisie te verwissel,” sê dr. Jack Chew van Brittanje, ’n kliniese spesialis in fisioterap­ie. “Ons moet opstaan en rondbeweeg sodat ons die probleme kan vermy wat daarmee verbind word om te lank in een posisie te sit.”

Guy beveel aan ons maak ’n gewoonte van beweging. “Dit kan so eenvoudig wees soos om ’n entjie te gaan stap om jou daaglikse treëtellin­g te verhoog.”

Jy kan ook die volgende oefeninge doen terwyl jy by jou lessenaar sit:

■ Lig jou hakke: Met albei voete op die grond, ’n entjie uitmekaar, lig jou hakke asof jy op jou tone staan, en laat sak dit weer.

■ Rol jou skouers: Trek jou skouers op, beweeg dit agtertoe en afwaarts, en herhaal.

■ Draai jou bolyf: Sit regop en kruis jou arms oormekaar asof jy jouself ’n drukkie gee. Hou jou voete plat op die grond, maak seker jou boude bly plat op jou stoel en draai jou bolyf na links. Bly vyf tellings in dié posisie – met jou knieë wat vorentoe wys en jou borskas wat na links wys. Herhaal dit dan na die regterkant.

■ Lig jou bene: Skuif vorentoe na die rand van jou stoel, maar maak seker jy sit nog stewig genoeg dat jy nie sal val nie.

Hou aan die kante van die stoel vas en leun effens terug, maar hou jou rug so reguit moontlik. Lig albei bene op sodat hulle ’n paar sentimeter bo die grond is. Herhaal dit so 10 keer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa