Huisgenoot

HIERDIE WEEK IN DIE GESKIEDENI­S 15 OKTOBER 1923 – INSULIEN IN GROOTMAAT VERVAARDIG

- Onderskrif

In 1921 het die Kanadese dokter Frederick Banting en sy assistent, Charles H. Best, ’n ontdekking gemaak wat gelei het tot die ontwikkeli­ng van behandelin­g vir diabetes. Frederick en Charles het ’n manier gevind om die hormoon insulien uit die liggaam te trek en dan daarmee die siekte te behandel.

Dit word beskou as ’n baie groot deurbraak in die mediese veld.

Aan die begin het Frederick en Charles insulien vanuit honde gekry, maar dit was nie die skoonste vorm wat hulle kon gebruik nie. In 1922 het hulle dit reggekry om ’n pasiënt met diabetes se suikervlak binne 24 uur na normaal te laat terugkeer. Dit is gedoen met insulien wat uit varke gehaal is.

In 1923 het die Amerikaans­e maatskappy Eli Lilly begin om die insulien op grootskaal te produseer. In dieselfde jaar het Frederick en ’n Skotse dokter genaamd JJR Macleod ook die Nobelprys vir

Fisiologie ontvang vir hul werk.

Die insulien wat uit varke gehaal is, was egter nie perfek nie omdat sekere pasiënte allergies was daarvoor. Die eerste sintetiese insulien is in 1978 gemaak met behulp van bakterieë. Eli Lilly het in 1982 begin om dié insulien te verkoop onder die handelsnaa­m Humulin. Die insulien wat vandag gebruik word, kom in baie vorme – van dié wat die liggaam self maak tot sintetiese vorme soos Humulin. Danksy dekades se navorsing kan mense met suikersiek­te kies watter hulle wil gebruik, gegrond op hul leefstyl en wat hulle benodig. Vandag kry jy insulienpe­nne en insulienpo­mpe. Dit is nie ’n geneesmidd­el vir diabetes nie, maar het al dikwels die lewe van lyers gered.

 ?? ?? Die beroemde Sycamore Gapboom in die noorde van Engeland is in September afgekap. Die boom was in die 1991-fliek
Robin Hood: Prince of Thieves te sien. Die rede waarom iemand so iets sou doen, is onbekend. Die polisie ondersoek die saak.
Die beroemde Sycamore Gapboom in die noorde van Engeland is in September afgekap. Die boom was in die 1991-fliek Robin Hood: Prince of Thieves te sien. Die rede waarom iemand so iets sou doen, is onbekend. Die polisie ondersoek die saak.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa