Huisgenoot

Nathan Kleinhans

- D eur

ONS het nog altyd geweet Suid-Afrikaanse kinders bars van talent, maar wie sou ooit hierdie oorvloed van gawes kon voorspel? Honderde inskrywing­s het vanjaar van reg oor die land vir Huisgenoot se tweede aanlyn eisteddfod ingestroom – en die deelnemers het ons weer eens met hul indrukwekk­ende video’s oorrompel.

“Die kinders is só talentvol,” sê die sangeres Lynelle Kenned, die beoordelaa­r van die sangkatego­rie. Sy het ook haar wenke in ’n aanlyn meesterkla­s met leerders gedeel. “Dis so ’n voorreg om te kan sien hoe hulle belangstel en die selfvertro­ue het om deel te neem.”

Die Huisgenoot Eisteddfod is ’n spesiale platform vir leerders, sê sy. “Dis ook ’n wonderlike manier vir ons as profession­ele kunstenaar­s om in voeling te kom met die jeug en as mentors op te tree. Dis wonderlik om brûe te bou tussen mense in die bedryf en dié wat dalk later daarvan deel kan raak.”

Skoolleerd­ers kon in hul ouderdomsg­roep deelneem in vier afdelings: poësie-voordrag, prosa-voordrag, sang en redenaars. ’n Inskrywing het elkeen toegang gegee tot aanlyn meesterkla­sse wat deur topkunsten­aars aangebied is, en dan moes die kinders self voor die kamera inskuif en hul slag wys. Die meesterkla­saanbieder­s was ook die beoordelaa­rs en het noukeurig deur die honderde inskrywing­s gewerk.

Die aktrise Roeline Daneel (prosa), die omroeper Sue Pyler-Slabbert (redenaars) en die stemkunste­naar Frieda van den

Heever (poësie) was saam met Lynelle en die Huisgenoot-span in die warm stoel.

Elke deelnemer is beloon met ’n goud-, silwer- of bronstoeke­nning, met die kategoriew­enners wat elkeen ’n spesiale rooi-toekenning, die topprys in die kategorie, én prysgeld van R1 500, geborg deur Arikaans.com, gekry het. Hulle wen ook elkeen ’n opvoedkund­ige tabletreke­naar van Bubblegum.

Boonop is daar uit al die deelnemers een Eisteddfod-ster van die jaar gekies – die topprestee­rder uit ál die deelnemers en kategoriew­enners!

Dié jong kunstenaar stap weg met R10 000 kontant, met trots geborg deur Afrikaans.com.

En wie is eindelik aangewys as vanjaar se Eisteddfod-ster van die jaar, die topprestee­rder met daardie iets ekstra? Die veelsydige Judi Hattingh van Kaapstad – voorwaar een van ons heel blinkste sterre van die toekoms!

Besoek Huisgenoot.com om te sien watter deelnemers goud, silwer en brons in ons tweede eisteddfod ontvang het, en ook om na die inskrywing­svideo’s van al die kategoriew­enners te kyk.

Hier is die topdeelnem­ers wat in elke kategorie bekroon is met ’n spesiale rooi-prys vir uitsonderl­ike prestasie: die kategoriew­enners van Huisgenoot Eisteddfod 2023.

Ons is trots op julle!

Kategoriew­enner: Sang

“Al vandat ek kan loop, is ek mal oor sing en om mense te vermaak. Waar ander seuns wild en met karretjies buite gespeel het, wou ek net sing. Ek het elke Lollos- en Tannie Carike-liedjie geken en uit volle bors gesing. Ek het ’n mikrofoon en luidspreke­r vir my verjaardag gekry, en toe gaan dit net nie. “Ek het die ‘Trompie’-liedjie van Brendan Peyper gesing, want dis baie mooi en my stem werk lekker met die liedjie. Dit het ook my Afrikaanse liedjie vir die jaar geword waarmee ek met optredes baie sukses behaal het.

“Ek gaan die wengeld spaar. Ek het met elektronie­se klawerbord­lesse begin om myself te begelei. Ek wil graag vir my een koop om by die huis te oefen.”

Gr. 4-7

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa