Huisgenoot

STEL JOU VRAE EERDER SÓ

-

wat tyd saam met vriende beteken het – maar klaswerk en toetse het gebly. Ek het soos ’n redakteur geluister, en toe gesê: “Dit klink vir my skool is nou net groente en daar is niks poeding nie.”

Sy het die “opskrif ” waardeer en aanvaar en, darem tydelik, beter gevoel. Om haar frustrasie in woorde om te sit en dan my woorde te hoor wat haar ervaring vasvang, was genoeg om haar ongemak tot ’n draaglike vlak te verminder.

Jou tiener sal oplet – bewustelik of nie – dat jy aandag gee en sal troos daarin vind. As ons ten volle teenwoordi­g is en ons daarvan weerhou om oplossings af te dwing, kommunikee­r ons sonder woorde drie belangrike dinge: Eerstens, dat ons hul emosionele pyn verstaan en nie daardeur ontstel word nie. Tweedens, dat hulle nie vir hul pyn bang hoef te wees nie. En derdens, dat ons nie net keer op keer probeer om probleme te laat verdwyn deur oplossings te bied nie, maar eerder iets beters te gee: ons aandag en volgehoue teenwoordi­gheid.

Baie ouers maak tieners groot wat hul gevoelens opkrop. Sulke ouers wens hulle het meer geweet oor wat hul adolessent dink en voel. Hulle sal wat wil gee vir ’n kans om te luister, opskrifte te formuleer, empatie te toon, en hul tieners te help om hul emosionele woordeskat te verbeter. Baie ouers sal selfs dankbaar wees as die kind ’n slag tog net sal kla! Pleks daarvan gaan gesprekke so: “Hoe was skool?”

“Oukei.”

“Het enigiets interessan­t gebeur?” “Uh-uh.”

Is daar iets wat ’n mens aan dié botheid kan doen? Dis nie maklik om tieners te laat praat oor hul emosies nie, maar daar is strategieë wat die kans op ’n betekenisv­olle gesprek kan verhoog. Die eerste is om te onthou tieners, veral dié wat minder spraaksaam is, hou nie daarvan as die aandag op hulle is nie.

Jou eerste prioriteit is om jou tiener nie te laat voel asof hy of sy ondervra word nie.

Een manier is om direkte vrae te vermy. Pleks van: “Hoe voel jy oor die nuwe afrigter?” kan jy vra: “Wat sê mense van die nuwe afrigter?”

Pleks van: “Was jy bly om te hoor die uitdunrond­es gaan nou in die wintervaka­nsie plaasvind?” kan jy dan eerder vra: “So, wat sê almal oor die nuwe rooster vir die uitdunne?”

Hoewel ons uiteraard wil weet wat ons eie tieners oor ’n gegewe situasie dink, is dit ’n wen-wen-strategie, veral met stiller tieners, en veral as jy ’n gesprek wil begin oor emosionele onderwerpe waaroor hulle wel kommentaar te lewer het.

Hoewel ons doel is om ons tieners emosionele verligting te bied deur hulle oor hul eie gevoelens te laat praat, kan ons die bal aan die rol sit deur hulle te laat praat oor wat hul portuurgro­ep dink.

Jy kan dinge aanhelp deur die vrae te hou vir tye wanneer jy en jou tiener mekaar nie in die oë kyk nie. Baie ouers se mees onbevange gesprekke vind plaas wanneer hulle saam met hul tiener in ’n motor sit of gaan stap. Dit kan makliker vir tieners wees om hul binneruimt­e te deel as hulle nie na ons hoef te kyk nie.

Wanneer ek ’n sensitiewe saak met my dogters wil aanroer, wag ek tot ons bestuur, dan wag ek tot ons so drie minute van die huis af is. Die gekombinee­rde effek daarvan dat ons albei se oë vorentoe gerig is en dat my dogter weet die onderwerp kan nie te lank uitgerek word nie, gee ons ’n goeie kans vir ’n betekenisv­olle, hoewel kort, gesprek wat andersins nooit op dreef sou kom nie. ste gesprekke met haar seuns gebeur altyd deur teksboodsk­appe.

Eenkeer, toe een van haar seuns lae punte in twee van sy vakke gekry het, het my vriendin en haar man met hom probeer praat oor wat gebeur het. Hy het aanhou sê hy weet nie wat om te sê nie, so hulle het tou opgegooi en gaan slaap.

“Nadat hy die volgende dag skool toe is,” het my vriendin vertel, “het ek vir hom ’n teksboodsk­ap gestuur om te sê hy is nie in die moeilikhei­d nie, ons wil net verstaan. Hy het geantwoord met die langste teksboodsk­ap wat ek nog ooit van enigiemand ontvang het.” Daarin het hy geskryf hy voel skaam oor sy punte, aaklig dat hy sy ouers teleurgest­el het, en bang dat hulle vir hom kwaad is.

My vriendin het die res van die dag met teksboodsk­appe tussen haar en haar seun die saak stukkie vir stukkie uitgepluis op ’n manier wat hulle nooit van aangesig tot aangesig sou kon doen nie.

As ’n mens daaraan dink, is teksboodsk­appe die perfekte manier om gevoelige sake aan te roer sonder dat jou tiener dink hulle is in die pekel.

Hulle hoef nie na jou te kyk nie, hulle kan hul tyd neem om jou te antwoord, en die geskrewe antwoord kan boonop ’n veel akkurater weergawe van hul gevoelens wees as iets wat jy sou kry as jy persoonlik met hulle gekommunik­eer het.

‘HY HET GEANTWOORD MET DIE LANGSTE TEKSBOODSK­AP WAT EK NOG OOIT GEKRY HET’

DEUR LISA DAMOUR, IS UITGEGEE DEUR PENGUIN BOOKS EN TEEN BY BESKIKBAAR.

 ?? ?? Teksboodsk­appe is die perfekte manier om gevoelige sake aan te roer sonder dat jou tieners dink hulle is in die pekel.
Teksboodsk­appe is die perfekte manier om gevoelige sake aan te roer sonder dat jou tieners dink hulle is in die pekel.
 ?? ?? THE EMOTIONAL LIVES OF TEENAGERS
THE EMOTIONAL LIVES OF TEENAGERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa