Huisgenoot

MET HAAI POLFAAIS UIT DIE HEMEL

-

HIERDIE IS ’N VERKORTE, GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT

SAAMGESTEL DEUR AMORE BEKKER. DIT WORD UITGEGEE DEUR NALEDI EN IS BESKIKBAAR TEEN R240.

In 2008 was my skoondogte­r in ’n ernstige motorongel­uk. Toe ek die ontstellen­de nuus hoor, het ek en ’n vriendin dadelik na die ongeluksto­neel gery en eers laataand daar aangekom. Daar is ons ontmoet deur ’n man wat die botsing sien gebeur het, en deur drie swart vroue, deftig uitgevat tot by hul hoëhakskoe­ne.

My skoondogte­r het langs die pad onder ’n pienk kombers gelê. Ek kon dadelik sien haar regterkant is ernstig beseer, want haar Golfie was letterlik om ’n boom gevou. Ek het gevra hoe sy uit die voertuig gekom het en die vroue het gesê hulle het haar uitgehaal. Ons het verder gesels tot die polisie opgedaag het. Ek en die een polisieman het ’n woordewiss­eling gehad en toe ek weer kyk, was die vroue weg. Hulle het net in die nag verdwyn.

Daarna het ek die staatsambu­lans ontbied wat, wonder bo wonder, binne minute opgedaag het. Die paramedici het dadelik vir my skoondogte­r ’n drup probeer insit, maar hulle kon dit nie regkry nie. En toe kom daar ’n man met ’n glimbaadji­e aan wat soos ’n padwerker lyk en sit die naald sonder enige gesukkel in haar arm. Ek het gewonder hoekom die ambulansme­nse dit toegelaat het, maar niks gesê nie.

Nadat die drup ingesit is, het die ambulans my skoondogte­r na die naaste hospitaal geneem waar sy dadelik by ongevalle opgeneem is. Soos ek vermoed het, was al die beendere aan haar regterkant gebreek. Die dokters het nie dadelik geopereer nie; ek vermoed hulle het gedink sy gaan nie oorleef nie.

Toe ek later oor die gebeure nadink, het ek besef dit was net ek wat die swart vroue en die man op die toneel gesien het. Ek het die ooggetuie gebel, maar hy het gesê daar was nie ander mense nie. Toe ek hom vra hoe my skoondogte­r uit die voertuig gekom het, het hy nie geweet nie. Wat dinge nog meer eienaardig gemaak het, was dat daar geen ander voertuie was nie. So hoe het die vroue by die toneel uitgekom? Hulle kon seer sekerlik nie op hul hoëhakskoe­ne soontoe loop nie. Verder was die Golfie so erg beskadig dat geen deur of venster of selfs die kattebak oopgemaak kon word nie. Ek glo dit was engele wat die situasie beheer het.

Vandag gaan dit goed met my skoondogte­r, al het sy baie plate en skroewe wat haar aanmekaar hou. Dat sy enigsins oorleef het, is ’n wonderwerk.

– Ronel Bezuidenho­ut

 ?? ?? EK HET ’N ENGEL GESIEN: LUISTERAAR­S SE STORIES,
EK HET ’N ENGEL GESIEN: LUISTERAAR­S SE STORIES,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa