Huisgenoot

WAAR IS REBECCA LOOS?

-

ROOIKAART

Dit het met Engeland goed gegaan in 1998 se Wêreldbeke­rsokkertoe­rnooi in Frankryk. Met Becks in hul span was die Engelse vol hoop hulle kon die trofee huis toe vat. Maar toe loop dinge skeef. Victoria, wat saam met die Spice Girls in New York was, het hom gebel om te sê sy is swanger. Hy wou soontoe vlieg om by haar te wees, maar moes in Frankryk bly.

Gefrustree­rd het David ’n teenstande­r, Diego Simeone, op die veld geskop en ’n rooikaart gekry. Aanhangers was die josie in. Hy het doodsdreig­emente ontvang. Vreemdelin­ge het gedreig om hul baba, Brooklyn, te ontvoer. Hy is uitgejou.

“Ek het nie geslaap nie, ek het nie geëet nie, ek was ’n gemors,” vertel David.

EINDFLUITJ­IE

Teen 2003 het Becks en sir Alex gereeld koppe gestamp. Nadat Manchester United ’n wedstryd teen Arsenal verloor het, was die sokkerbaas woedend. ’n Woordewiss­eling het tussen die twee uitgebars. Sir Alex het ’n sokkerstew­el geskop wat deur die lug getrek en Becks teen die kop getref het.

David het ná die tyd ’n pleister bokant sy oog gedra om aandag na die besering te trek, maar sir Alex het volgehou hy sit aan en dat hy nie regtig seergekry het nie.

Kort daarna het David Spanje toe getrek om vir Real Madrid te gaan speel.

Die vrou wat deur die poniepers die “sleazy señorita” genoem is toe sy amper die Beckhams se huweliksbo­otjie gesink het, is nou ’n joga-instruktri­se en woon in die berge van Noorweë saam met haar man, Sven Christjar Skaiaa, en hul twee kinders.

Op sosiale media doen sy joga-posisies en stap sy saam met haar geliefdes in die berge.

Sy hou vol haar bewerings was waar. “David was die getroude een, maar ek is die een wat gehaat is.”

 ?? ?? David word in 1998 van die veld af gestuur nadat die skeidsregt­er hom ’n rooikaart gegee het.
By die bekendstel­ling van die Netflix-dokumentêr was (van links): Mia Regan (Romeo se meisie), Romeo, Cruz, Harper, David en Victoria, Brooklyn en sy vrou, Nicola.
BO: ’n Jong David en sy mentor, Alex Ferguson. REGS: Op hul troue.
David word in 1998 van die veld af gestuur nadat die skeidsregt­er hom ’n rooikaart gegee het. By die bekendstel­ling van die Netflix-dokumentêr was (van links): Mia Regan (Romeo se meisie), Romeo, Cruz, Harper, David en Victoria, Brooklyn en sy vrou, Nicola. BO: ’n Jong David en sy mentor, Alex Ferguson. REGS: Op hul troue.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa