Huisgenoot

RIGTINGNAA­LD SNOOZE NAG IN DIE NAMIB

-

Ray Dylan

Met bekende liedjies soos “Jessica” en “Hokaai Stoppie Lorrie” in sy arsenaal, is die sanger Ray Dylan lank reeds ’n gevierde kunstenaar. Sy jongste snit, “Rigtingnaa­ld”, is uit die pen van die liedjieskr­ywer Werner Beukes en vat jou op ’n nostalgies­e reis – een van iemand wat sy pad in die lewe wil vind en terselfder­tyd sy drome volg. Die ritmiese klanke van die kitaar en die tromme is eie aan Ray se musiek en laat jou voete jeuk.

SZA en Justin Bieber

Die hiphop- en R&B-sangeres Solána Imani Rowe, beter bekend as SZA, se enkelsnit “Snooze” het danksy die musiekvide­o onlangs weer die trefferlys­te geklim. Die liedjie was nou onlangs in die nr. 2-posisie op die Billboard Hot 100-treffersly­s en verskyn op haar album SOS van 2022.

Die stem van Justin Bieber saam met dié van SZA is op die akoestiese weergawe te hoor, en Justin verskyn selfs in die musiekvide­o.

Wat beteken “Snooze”, vra jy? Wel, die twee sing hulle sal alles vir die liefde gee – en dat niemand kan bekostig om te slaap en iets mis te loop nie.

Jannie Moolman en Helenè Bester

Die veteraanku­nstenaars Helenè Bester en Jannie Moolman betower luisteraar­s met die suiwer klanke van hul duet “Nag in die Namib”.

Die moderne weergawe van ’n Afrikaanse folkliedji­e, geskryf deur Jannie en Dewald Gouws, vertel oor die skoonheid van die Namibwoest­yn.

Die liedjie se boodskap is een van hoop en beklemtoon die verbinteni­s tussen die mens en die natuur.

“Ons stemme klink harmonieus en die liedjie is positief en inspireren­d,” sê Jannie. En Helenè: “Dis iets nuuts en unieks in Afrikaans.”

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa