Huisgenoot

ROBLOX IS DIE LEWE

-

Kry jou foon af en toe voete en dan vind jy ’n klein agie êrens diep doenig met die skerm teen hul neus gedruk? Of het die kinders in jou gesin nog nie van Roblox gehoor nie?

Miljoene kinders – en grootmense – reg oor die wêreld sit ure lank verdiep in hul verbeeldin­g danksy Roblox. Dis geen wonder nie: Wat anders stel jou in staat om so vinnig en maklik jou eie games te maak en duisende ander mense se games te speel? Dis samewerkin­g op sy beste. “Roblox is ’n aanlyn wêreld waarmee jy kan skep, ervarings met vriende deel en enigiets kan wees wat jy jou kan indink,” skryf Roblox oor hulself. “Sluit aan by miljoene ander en ontdek die oneindige verskeiden­heid ervarings wat ’n globale gemeenskap geskep het.”

Dit bly een van die gewildste platforms op iPhone en Android. En dit kan oral gebruik word – op jou foon, op jou rekenaar of op ’n Xbox of PlayStatio­n.

HOE WERK ROBLOX? 1

Jy skep ’n profiel – dis gratis. “Bekommerde ouers kan gerus wees dat die platform verskeie soorte beheer beskikbaar het om instelling­s en kommunikas­ie-opsies te bestuur. Daar is selfs ’n PIN-stelsel by die aanmeldops­ies,” skryf CNN.

Hierna maak jy jou avatar. Jy kan hul haarstyl, klere en bykomstigh­ede self kies – jou verbeeldin­g is die enigste beperking. 3

Sodra jy klaar is met jou profiel, stel die platform jou voor aan al die baie games waaruit jy kan kies. 4

“Game-ontwerpers en mense wat dalk geld op die platform wil verdien, kan Roblox Studio gebruik om hul eie games of wêrelde in Roblox te bou. Die belangriks­te is dat die opstelling daarvan goed werk vir beginners sowel as gevorderde gebruikers,” sê CNN.

ROBLOX-FEITE 1

Roblox is in 2004 deur David Baszucki en Erik Cassel geskep en op 1 September 2006 bekendgest­el. Dit is gratis, maar daar is wel sommige verbruiker­s wat jou geld vra vir die games wat hulle ontwerp het. Maar as jy nie wil betaal nie, kies jy net een van die duisende wat gratis is.

Roblox kan jou leer hoe om te programmee­r. Dit bevat ’n ontwerppro­gram genaamd Roblox Studio waarin jy jou eie games kan skep waarin verbruiker­s reg oor die wêreld kan deel. Dié wat nou regtig ernstig is oor programmer­ing, kan selfs op die Roblox University op YouTube leer hoe om games en die elemente daarvan te bou.

Die platform het sy eie geldeenhei­d. Reg geraai: Dit word “robux” genoem. Hiermee kan jy allerhande goed binne-in Roblox koop.

Roblox het bekende aanhangers. Stranger Things se Noah Schnapp speel Roblox. So ook die TikTokker Charli D’Amelio en die YouTuber MrBeast.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa