Huisgenoot

PORTUGESE HOENDER MET PERI-PERI-SOUS

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: SOWAT 1 UUR SOETRISSIE

5 ml (1 t) olyfolie 1 rooi soetrissie, in die lengte gehalveer en ontpit

HOENDER

6-8 hoenderpor­sies sout en vars gemaalde peper

15 ml (1 e) olyfolie

SOUS

4 knoffelhui­sies, gekap

1-2 rooi brandrissi­es, gekap

60 ml (¼ k) olyfolie 30 ml (2 e) witwynasyn sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen 15 ml (1 e) gerookte paprika

5 ml (1 t) gedroogde origanum

2,5 ml (½ t) borrie 5 ml (1 t) sout 2,5 ml (½ t) vars gemaalde swartpeper

VIR VOORSIT

vars koljander of pietersiel­ie suurlemoen­wiggies broodrolle­tjies

Verhit die lugbraaier tot 200 °C. Bespuit ’n oondbak wat in die lugbraaier se mandjie of op die rakkie sal pas met kossproei. Bespuit ook die mandjie of rakkie van die lugbraaier met kossproei. Hou ’n vel kleefplast­iek of ’n platieksak­kie byderhand.

1 Soetrissie Smeer die olie oor die velkant van die soetrissie en pak in die mandjie of op die rakkie van die lugbraaier. Rooster 10-12 min. of tot die rissie geskroei is. Haal uit en bedek dadelik met kleefplast­iek of plaas in die plastieksa­kkie. Hou eenkant tot afgekoel. 2 Hoender Pak die hoender in die oondbak. Geur met die sout en peper, smeer met die olie en rooster 15 min. Verlaag die temperatuu­r tot 180 °C en rooster nog 15 min.

3 Sous Verwyder die soetrissie uit die kleefplast­iek of sakkie en trek die skil af. Plaas saam met die res van die sousbestan­ddele in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot glad.

4 Giet die sous oor die hoender en rooster nog 15 min.

5 Vir voorsit Rond die hoender af met die vars koljander of pietersiel­ie en sit voor saam met die suurlemoen­wiggies en broodrolle­tjies.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa