Huisgenoot

HEEL BEESLENDE MET KRUIESOUS

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: 15-20 MIN. / RUS: 5 MIN. VLEIS

1 kg heel beeslende, kamertempe­ratuur 30 ml (2 e) olyfolie 15 ml (1 e) vars gemaalde swartpeper 15 ml (1 e) pienk peperkorre­ls, grofgemaal sout na smaak

KRUIESOUS

250 ml (1 k) vars koljanderb­lare 2 jalapeño-brandrissi­es, grofgekap 1 knoffelhui­sie, gekap

2 stingeluie, grofgekap

15 ml (1 e) olyfolie 60 ml (¼ k) natuurlike volroomjog­urt 60 ml (¼ k) mayonnaise

’n skeut suurlemoen­sap sout na smaak

KRUIE-OLIE

125 ml (½ k) vars koljanderb­lare 5-10 ml (1-2 t) gedroogde brandrissi­evlokkies fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen 60 ml (¼ k) olyfolie ’n knippie sout

Verhit die lugbraaier tot 200 °C. Bespuit die rakkie of mandjie van die lugbraaier goed met kossproei.

1 Vleis Vryf die beeslende met die olie in en sprinkel die peper oor. Vryf goed in en geur met die sout. Pak die lende met die vetkant na bo in die mandjie of op die rakkie van die lugbraaier. Rooster 10 min. 2 Verlaag die temperatuu­r van die lugbraaier na 180 °C. Rooster die vleis nog 5-10 min. of tot gaar soos verkies. Haal die vleis uit en laat staan minstens 5 min. om te rus.

3 Kruiesous Plaas die koljanderb­lare, jalapeño’s, knoffel en stingeluie saam in die bak van ’n voedselver­werker en pols tot fyn. 4 Voeg die res van die kruiesousb­estanddele by en pols tot glad en goed gemeng. Skep uit en hou eenkant.

5 Kruie-olie Pols al die oliebestan­ddele in die bak van ’n voedselver­werker tot fyn en goed gemeng. Hou eenkant.

6 Vir voorsit Sny die vleis in skywe en sit voor saam met die kruiesous en -olie, en bykosse van jou keuse.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa