Huisgenoot

PEKANNEUTT­ERT

-

LEWER 2 MIDDELSLAG-TERTE (8 PORSIES) / BEREIDING: 30 MIN. / VERKOEL: 30 MIN. / BAK 25-30 MIN. / STAAN: 15 MIN. KORS

1 klaarberei­de veelsydige tertdoppie­deeg (resep op bl. 31 hiernaas) meel vir uitrol

VULSEL

60 ml (¼ k) sagte botter

125 ml (½ k) ligte bruinsuike­r

125 ml (½ k) gouestroop 3 ekstragroo­t eiers, geklits

5 ml (1 t) vanieljege­ursel

2,5 ml (½ t) fyn kaneel

’n knippie gemengde speserye ’n knippie sout 100 g pekanneute, fyngekap

100 g pekanneute, grofgekap

Voer die bodem van 2 vlak tertpanne wat in die braaier sal pas met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei. Hou 2 velle bakpapier (groot genoeg om die panne te bedek) en droë bone of rou rys byderhand.

1 Kors Verdeel die deeg in 2 porsies. Rol elke porsie liggies uit en voer die koekpanne op die bodem en teen die kante sowat 2 cm hoog met die deeg uit. Plaas die kors so 30 min. in die yskas.

2 Verhit die lugbraaier tot 180 °C. Bespuit die velle bakpapier met kossproei en plaas boop elke tertkors sodat die gespuite kant teen die deeg is. Versprei die bone of rys in elke kors en bak 10 min. in die lugbraaier. Verwyder die bakpapier en bone of rys versigtig.

3 Vulsel Klits die botter, suiker en gouestroop saam tot romerig. Voeg die eiers by en klits tot goed gemeng.

4 Klits die vanielje, speserye en sout by. Meng die fyngekapte pekanneute deur die vulsel en skep in die tertkorse. Versprei die grofgekapt­e pekanneute oor elke tert en bak 15-20 min. in die lugbraaier of tot die vulsel gestol het. Dit sal nog klewerig wees, maar nie loperig nie.

5 Laat die terte 15 min. in die panne afkoel en keer uit. Plaas op ’n draadrakki­e en laat heeltemal afkoel. 6 Sny in porsies en sit voor.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa