Huisgenoot

DRIELAAGSJ­OKOLADEKOE­K MET KARAMEL

-

LEWER 1 MIDDELSLAG-DRIELAAGKO­EK (8 PORSIES) / BEREIDING: 30 MIN. / BAK: 25-30 MIN. / AFKOEL: 1-2 UUR / RAKKIE-BRAAIER) OF 1¼ UUR (MANDJIE-BRAAIER)

KOEK

750 ml (3 k) koekmeel

125 ml (½ k) kakao 10 ml (2 t) koeksoda 2,5 ml (½ t) sout 375 ml (1½ k) suiker

160 ml (²⁄³ k) olie 30 ml (2 e) witasyn 10 ml (2 e) vanieljege­ursel

30 ml (2 e) sterk koffiepoei­er opgelos in 125 ml (½ k) kookwater 375 ml (1½ k) koue water

AFRONDING

1 blik (360 g) karamel-kondensmel­k eetbare blomme of ander versiering soos verkies

Verhit die lugbraaier tot 180 °C. Voer 3 koekpanne wat in die lugbraaier se mandjie of op die rakkie sal pas met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei.

1 Koek Sif die koekmeel, kakao, koeksoda en sout saam in ’n groot mengbak. Meng die suiker by en maak ’n holte in die middel.

2 Klits die res van die koekbestan­ddele goed saam en giet in die holte wat jy in die droë bestanddel­e gemaak het. Klits goed tot die beslag glad en sonder klonte is.

3 Verdeel die beslag tussen die koekpanne. 4 In ’n rakkie-lugbraaier Plaas ’n koekpan op elke rakkie en bak 15 min. Ruil die koekpanne en bak nog 10-15 min. of tot die koeke gaar is en ’n toetspen skoon uit die middel kom.

In ’n mandjie-lugbraaier Plaas een van die koekpanne in die middel van die mandjie en bak 20-25 min. of tot die koek gaar is en ’n toetspen skoon uit die middel kom. Herhaal met die res van die koeklae. 5 Laat die koeklae

5 min. in die panne afkoel. Keer versigtig uit op draadrakki­es en laat heeltemal afkoel.

6 Afronding Klop die karamel tot glad en sonder klonte. Smeer ’n derde van die karamel oor een van die koeklae. Plaas ’n koeklaag bo-op, gevolg deur nog ’n derde van die karamel. Plaas die laaste koeklaag bo-op en smeer die res van die karamel oor.

7 Versier die koek met eetbare blomme of ander versiering­s soos verkies.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa