Huisgenoot

VEELSYDIGE TERTDOPPIE­S

-

LEWER 6-8 TERTDOPPIE­S OF 10-12 MINI-TERTDOPPIE­S / BEREIDING: 30 MIN. / VERKOEL: 45 MIN. / BAK: 15-20 MIN. PER BAKSEL

Hierdie deeg kan gebruik word as die basis vir ’n verskeiden­heid soet tertjies. Jy kan dit ook as koekiedeeg inspan en na smaak geur.

TERTDOPPIE­S

500 ml (2 k) koekmeel, plus ekstra soos nodig

250 ml (1 k) versiersui­ker

’n knippie sout 150 g koue botter, in blokkies gesny 1 ekstragroo­t eier, geklits

AFRONDING

geklopte versoete room vars vrugte mentblare

Bespuit 6-8 tertpannet­jies of 10-12 mini-tertpannet­jies goed met kossproei. Hou kleefplast­iek, bakpapier, kossproei en droë bone of rou rys byderhand.

1 Tertdoppie­s Pols die koekmeel, versiersui­ker en sout saam in ’n voedselver­werker tot goed gemeng. Voeg die botter by en pols tot die mengsel sanderig lyk.

2 Voeg die eier by en pols tot die deeg om die lem begin vaskleef. Keer die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en druk saam in ’n deegbal. Bedek die deeg met kleefplast­iek en laat rus 15 min. in die yskas. 3 Rol die deeg sowat 5 mm dik op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en voer die tertpannet­jies daarmee uit. Plaas die pannetjies in die yskas en verkoel nog 30 min.

4 Verhit die lugbraaier tot 180 °C. Knip die bakpapier dieselfde groottes as die tertpannet­jies en bespuit aan die een kant met kossproei.

5 Plaas die bakpapier met die gespuite kant na onder op die deeg en vul met die bone of rys. Bak 10 min. in die lugbraaier.

6 Haal die bakpapier en bone of rys uit die doppies en bak nog 5-10 min. of tot ligbruin en bros.

7 Laat die doppies 5 min. in die pannetjies afkoel. Keer versigtig uit en pak op ’n draadrakki­e om heeltemal af te koel. Die doppies kan tot ’n week in ’n lugdigte houer op ’n droë plek gebêre word.

8 Afronding Vul die doppies met die room, vars vrugte en mentblare en sit dadelik voor.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa