Huisgenoot

MAKLIKE MELKTERT

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 30 MIN. / GAARMAAK: 15 MIN. / STAAN: 30 MIN.

Ons maak die melktert met ’n filodeegko­rs, maar jy kan ook ’n skilferkor­sdeeg gebruik. Bak die deeg 15-20 min. vooraf of tot amper gaar.

KORS

4 velle filodeeg 30 ml (2 e) gesmelte botter

VULSEL

500 ml (2 k) volroommel­k 125 g margarien OF botter

60 ml (¼ k) mielieblom

30 ml (2 e) vlapoeier 60 ml (¼ k) sterk rooibostee, kamertempe­ratuur ’n knippie sout

5 ml (1 t) vanieljege­ursel 2 ekstragroo­t eiers, geklits

AFRONDING

fyn kaneel of kaneelsuik­er vir oorstrooi

Voer die bodem van ’n emalje- of oondvaste tertbord met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei.

1 Kors Verf een van die velle filo met die botter en plak ’n vel bo-op. Verf nog ’n vel ook met die botter en plak boop. Verf die deegstapel liggies met nog ’n bietjie botter en pak in die bord (die deeg moet teen die kante opstrek).

2 Plaas die laaste vel bo-op en verf die deegkragie om die kante met nog ’n bietjie botter. Verkoel tot benodig.

3 Vulsel Verhit die melk en margarien of botter in ’n kastrollet­jie. Roer tot die botter gesmelt het.

4 Meng die mielieblom, vlapoeier en rooibostee goed tot ’n dik pasta vorm.

5 Giet 125 ml (½ k) van die melkmengse­l by die pasta en klits goed. Giet by die res van die melkmengse­l in die kastrol. 6 Roer die vlamengsel aanhoudend oor matige hitte tot dit verdik en begin prut. Verwyder van die hitte. Klits die sout, vanielje en eiers vinnig by die vlamengsel.

7 Verhit die lugbraaier tot 160 °C. Giet die mengsel in die bereide kors en bak 15 min. of tot die kors goudbruin om die kante is. Laat die tert 30 min. staan tot die vla heeltemal gestol het.

8 Afronding Sprinkel die kaneel of kaneelsuik­er oor, sny in porsies en sit voor teen kamertempe­ratuur of koud.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa