Huisgenoot

AFSPRAKE: IS HY ’N WOLF IN SKAAPSKLER­E?

Jy ontmoet ’n man aanlyn, julle kliek en beplan ’n eerste afspraak. Maar jy ken hom skaars. Wat doen jy om veilig te wees, en waarvoor moet jy uitkyk?

-

DIS moeilik genoeg om liefde in vandag se wêreld te vind – en dan moet vroue nog op hul hoede wees ook op daardie eerste afspraak. Maar dis moontlik om jouself te beskerm én gevaarligt­e te herken selfs wanneer die vlinders in jou maag rondfladde­r. In hul nuwe boek, Street Smart Safety for Women, verduideli­k die oudpolisie­beampte Joy Farrow en die tegnologie­kenner Laura Frombach hoe vroue hulself in verskillen­de situasies kan beskerm.

In hierdie uittreksel deel hulle raad vir hoe ’n vrou kan veilig wees op haar eerste afspraak met ’n moontlike nuwe kêrel – en waarvoor om dan uit te kyk.

OP DAARDIE allerbelan­grike eerste afspraak moet jy elke ding oplet. Dit gaan nie net daaroor om vas te stel of die ou ’n potensiële lewensmaat is nie; jy moet ook vasstel of jy veilig is. As iets eienaardig voel of gevaarligt­e laat flikker, kom daar weg!

Dit klink dalk drasties, maar jy wil nie nou dinge ignoreer wat later problemati­es of gevaarlik kan raak in ’n verhouding nie. Hier is 20 dinge om in gedagte te hou.

Ligging is uiters belangrik. Kies ’n plek wat jy ken. Maak seker jy weet waar die uitgange is, insluitend die agterdeur. As die ou ’n plek kies wat jy nie ken nie, gaan kyk voor die afspraak hoe dit lyk. Probeer om na dieselfde plek te gaan vir elke eerste afspraak sodat jy die personeel leer ken – en hulle vir jou.

Tree met selfvertro­ue op en geniet dit. Om op afsprake te gaan is ’n soort vaardighei­d. Die enigste manier hoe jy dit gaan ontwikkel en jou selfvertro­ue gaan opbou, is om dit gereeld te doen. As jy in jouself glo, is die kans beter dat jy en jou metgesel die afspraak sal geniet.

Ontmoet hom daar. Ons kan dit nie genoeg beklemtoon nie. Niemand hoef dadelik te weet waar jy woon nie. Gebruik Uber, indien moontlik, sodat ’n potensiële pes nie jou nommerplaa­t kan sien nie. Laat weet altyd ’n vriend of iemand wat

jy vertrou waar en saam met wie jy is.

Stuur vooraf ’n foto van die persoon wat jy ontmoet na ’n vriend. As enigiets gebeur, wil jy nie in ’n posisie wees waar niemand weet hoe die ou lyk nie.

Hoe is die man aangetrek? Is sy klere gepas vir die plek? Is dit skoon? Het hy moeite gedoen om goed te lyk? Ons het al baie paartjies op afsprake gesien waar een persoon (gewoonlik die vrou) lyk asof sy heeldag lank gereedgema­ak het, en die ander persoon (amper onvermydel­ik die man) lyk asof hy pas klaar in die tuin gewerk het. Dis geen probleem as iemand ontspanne wil lyk nie, maar as jy aangetrek is asof jy die gras gaan sny, wys dit ’n gebrek aan respek.

Het hy ’n dwalende oog? Loer hy na ander vroue rondom julle asof hy ’n beter geleenthei­d soek? Hoe behandel hy die restaurant­personeel? Is hy onbeskof, sarkasties, selfs minagtend teenoor hulle? Of is hy vriendelik, sonder om flikkers te gooi? Moenie een sekonde jou drankie los

waar jy dit nie kan sien nie. As jy badkamer toe moet gaan, bestel ’n nuwe drankie wanneer jy terugkom.

Hoe praat hy met jou? Praat hy jou dood? Is dit ’n eenrigting­gesprek?

Toon hy respek? Party mans dink hulle moet die dinamika op ’n afspraak domineer om te wys hulle kan hul man staan. ’n Voorbeeld kan wees as hy stekies

na jou rig, soos om te sê jy het lipstiffie op jou tande, of hy kompliment­eer jou naels en wil dan weet of hulle eg is. Die doel van dié soort aanmerking­s is om jou selfbeeld af te breek sodat jy gemanipule­er kan word. Mik na die deur. Wat ook al gebeur, moenie disrespek verdra nie. Selfs al sê hy hy “terg net” of “maak net ’n grap”, as iemand op die eerste afspraak disrespekv­ol teenoor jou optree, is dit net die begin. Hulle weet jy sal dit in die toekoms maar net aanhou sluk. Deel hy al sy vuil wasgoed, of vra hy

te veel oor jou vorige verhouding­s? Dis nie ’n beradingse­ssie nie. Ons almal het probleme, en as iemand net oor sy persoonlik­e tragedies kan praat, is dit nie ’n afspraak nie; dis ’n gemors. Wat in jou vorige verhouding­s gebeur het, het niks met hom uit te waai nie, en dit het niks met jou te doen wat in syne gebeur het nie. As hy oor sy “mal eks” kla, verskoon jouself. Want jy kan maar seker wees jy gaan in die toekoms ook ’n mal eks genoem word. Hou die gesprek lig. Julle leer mekaar net ken. Om ’n verhouding te bou verg tyd en moenie oorhaastig gedoen word nie.

In dié stadium kyk jy net of julle kliek en belangstel­lings deel. Praat oor die nuus, oor iets snaaks wat by die werk gebeur het of sommer net iets ligsinnigs. Ideaal gesproke moet jy vir jou eie maaltyd betaal op ’n eerste afspraak, en hy ook. Dit skakel die moontlikhe­id uit dat hy ’n “gunsie in ruil” sal verwag (“ek het vir die ete betaal; nou skuld jy my seks”), en dit beteken ook jy kan nie teen jou sin gedwing word om op ’n tweede afspraak te gaan nie. “Jy kan volgende keer betaal,” is ’n manier om jou te manipuleer. As jy wel van hom verwag om te betaal, moet jy hom vooraf taktvol laat weet. Party vroue het wel dié verwagting, en jy wil nie hê dinge moet ongemaklik raak as hy dit nie voorsien het nie. Om dié probleem heeltemal te omseil, kan julle op ’n afspraak gaan waar niemand vir iets betaal nie, byvoorbeel­d ’n wandeling in ’n openbare park. Gee hy vir die kelner ’n gepaste fooitjie? Daar is ’n goeie kans die manier waarop hy die kelner behandel, is hoe hy jou in ’n verhouding gaan behandel. Kan hy nee vir ’n antwoord vat sonder om met jou te spot of jou te kleineer? As hy saam met jou huis toe wil gaan en jy sê nee, hoe reageer hy? Reël vooraf jou rygeleenth­eid huis toe. Jy wil nie vasgekeer sit in ’n slegte situasie terwyl jy op vervoer wag nie. Maak duidelik wat die volgende stap is. As die afspraak nie verloop het soos jy wou gehad het nie, moenie hom vals hoop gee nie. Maar as jy dit geniet het, sê so en volg dit op met iets soos: “Dalk kan ons dit die een of ander tyd weer doen.” Eindelik hang dit van jou af hoe die afspraak verloop. As jy wil vry, vry – maar net as jy wil. Moenie toelaat dat iemand druk op jou plaas of jou laat dink dit word van jou verwag nie.

 ?? ?? Dis uiters belangrik dat die man op ’n eerste afspraak respek betoon. Moenie disrespek verdra nie, al sê hy hy “terg net”.
Dis uiters belangrik dat die man op ’n eerste afspraak respek betoon. Moenie disrespek verdra nie, al sê hy hy “terg net”.
 ?? ?? ’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT STREET SMART
SAFETY FOR WOMEN DEUR JOY FARROW EN LAURA FROMBACH, UITGEGEE DEUR SIMON & SCHUSTER.
’N GEREDIGEER­DE UITTREKSEL UIT STREET SMART SAFETY FOR WOMEN DEUR JOY FARROW EN LAURA FROMBACH, UITGEGEE DEUR SIMON & SCHUSTER.
 ?? ?? LINKS: Soek hom vooraf aanlyn op en loer deur sy sosialemed­iaprofiele. As jy hom glad nie kan vind nie, hou verby. REGS: As die ou ’n plek kies wat jy nie ken nie, gaan kyk voor die afspraak hoe dit lyk.
LINKS: Soek hom vooraf aanlyn op en loer deur sy sosialemed­iaprofiele. As jy hom glad nie kan vind nie, hou verby. REGS: As die ou ’n plek kies wat jy nie ken nie, gaan kyk voor die afspraak hoe dit lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa