Huisgenoot

HIER IS VYF WENKE WAT JOU KAN HELP OM VEILIG TE VOEL IN DIE WÊRELD VAN AANLYN AFSPRAKE

-

■ Wees eerlik. Moenie foto’s oplaai wat nie lyk soos jy regtig (of deesdae) lyk nie. As jy jou haarstyl verander het of jou gewig het heelwat verander, moenie ’n ou foto gebruik nie. Kies foto’s van jouself in alledaagse scenario’s waar jy dinge doen wat jy geniet. Maar uit die aard van die saak, hoe meer gewaag die foto, hoe meer perverts gaan jy lok.

■ Maak jou doelwitte duidelik. As jy nie daarvan hou om op die strand te gaan stap nie, sê so. Hier is hoe jy vooraf jou sienings oor drank duidelik kan maak: “As jy daarvan hou om elke dag te drink, sal jy gelukkiger wees by iemand anders.” Geen oordeel of verskoning­s nie.

■ Praat vooraf. Gesels oor die foon; moenie net teksboodsk­appe stuur nie. Gesels minstens 20 minute lank. Jy kan heelwat van iemand leer deur met hom te gesels. Dit wat hy beklemtoon en of hy dinge sê wat vir sy ouderdom gepas is of nie, is aanduiding­s van sy geaardheid. Moenie bang wees om vrae te vra nie en maak ook lighartige praatjies sodat dit nie vir die arme man voel asof hy deur die polisie ondervra word nie.

■ Maak gedurende die foongespre­k seker van dié basiese feite: Of jy dink hy is aantreklik of nie, is jou eie saak. Maar voor jul afspraak wil jy seker maak hy het ’n dak oor sy kop, ’n werk en vervoer. As hy een van daardie dinge kortkom, is hy waarskynli­k op soek na ’n vrou wat dit vir hom kan gee. En jy soek ’n kêrel; nie ’n welsynproj­ek nie. Uiteraard moet jy self ook al dié dinge hê.

■ Soek hom vooraf aanlyn op. Gaan deur sy sosiale media. As hy hoegenaamd nie op sosiale media te vinde is nie, kan dit beslis ook ’n gevaarlig wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa