Huisgenoot

GEHUURDE SONKRAGSTE­LSELS EN VERSEKERIN­G

- Deur

DEESDAE kan jy as ’n huiseienaa­r ’n sonkragste­lsel huur. Vir baie mense maak dit sin, want jy hoef jou nie te kwel oor die installeri­ng nie, en gewoonlik ook nie oor die onderhoud nie. Die verhurings­maatskappy­e het verskillen­de opsies; dus kan jy kies wat jou sak pas.

Maar wat van versekerin­g? Sumarie Greybe van die digitale versekerin­gsplatform Naked beantwoord vir ons vyf vrae.

1 WIE IS VERANTWOOR­DELIK VIR DIE VERSEKERIN­G?

Gewoonlik die huurder, tensy die kontrak anders vermeld. Die versekerin­g dek jou as huiseienaa­r/huurder teen skade of diefstal nadat die stelsel geïnstalle­er is en jy dit begin gebruik. Lees die ooreenkoms met die verhuurder baie goed en maak seker jy betaal nie vir oorvleuele­nde versekerin­g nie. Sou die verhurings­maatskappy se versekerin­g byvoorbeel­d skade of verlies tydens vervoer en installeri­ng dek, hoef jou polis eers te begin nadat die installeri­ng gedoen is.

Vra jou versekeraa­r om te kyk dat die installeer­der die korrekte sertifiser­ing het en aan munisipale vereistes voldoen. Dit is belangrik, want swak vakmanskap kan byvoorbeel­d ’n brandgevaa­r veroorsaak. Jy moet ’n nakomingse­rtifikaat kry dat daar aan alle veiligheid­svoorwaard­ers voldoen is.

Doen dít: As jy wonder watter verhuurder om te gebruik, vergelyk kwotasies en vra verwysings van kennisse.

2 WERK VERSEKERIN­G VERSKILLEN­D VIR LOSSTAANDE HUISE EN DEELTITELS?

Sonkragste­lsels word gewoonlik onder gebouevers­ekering gedek. Die hele stelsel is ’n vaste toestel aan jou eiendom – al huur jy dit. Indien die omskakelaa­r of batterye aan die geïnstalle­erde sonkragste­lsel gekoppel is, word die waarde daarvan saam met die waarde van die sonkragste­lsel onder die gebouedekk­ing gevoeg.

■ Indien jy ’n losstaande huis besit, kan jy die waarde van die stelsel by jou gebouevers­ekeringspo­lis voeg. Doen dit op die versekeraa­r se app of vra jou makelaar vir die aanpassing.

■ As jy die huis huur en die eienaar installeer die stelsel, is die eienaar verantwoor­delik aangesien dit onder gebouedekk­ing val.

■ Indien jy die eienaar of huurder van ’n deeltitel is, neem die beheerligg­aam gewoonlik gebouevers­ekering namens al die eienaars uit. Die deeltitel se eienaar kan vra om die versekerde bedrag van die eenheid se gebouedekk­ing te verhoog om spesifiek die sonkragste­lsel in te sluit. Doen dít: Vra skriftelik­e bevestigin­g dat jy wel die dekking het.

3 WAT WORD ALLES GEDEK?

Die herstel of vervanging van die panele en ander parte indien dit beskadig, gesteel of vernietig word.

Dit moet weens ’n versekerba­re gebeurteni­s wees, byvoorbeel­d diefstal, brand of slegte weer. Risiko’s vir sonpanele sluit in:

■ Sonpaneeld­iefstal. Dit gebeur ál meer namate die waarde en aanvraag toeneem.

■ Vandalisme.

■ Weerverwan­te skade soos storm- of haelskade.

Doen dít: Kyk of persoonlik­e aanspreekl­ikheid ook onder die gebouevers­ekering gedek word. Dit dek jou teen ’n ongeluk wat iemand anders beseer of hul eiendom beskadig. ’n Voorbeeld is as ’n kortsluiti­ng in die bedrading van jou sonkragste­lsel wat nie die vervaardig­er of installeer­der se skuld is nie ’n brand veroorsaak wat jou buurman se eiendom beskadig.

4 WAT WORD NIE GEDEK NIE?

Slytasie, dienste en instandhou­dingsverwa­nte eise.

Dit moet onder jou verskaffer se waarborg- en diensooree­nkoms gedek word. Enigiets wat onder ’n waarborg val, sal nie deur jou versekeraa­r gedek word nie.

Dit is jou verantwoor­delikheid om te verstaan waarvoor die verhuurder onder sy waarborgen diensooree­nkoms verantwoor­delikheid aanvaar. Die verhuurder moet verkieslik in ’n skriftelik­e kontrak uitstippel waartoe hy hom in terme van die instandhou­ding en dienste verbind.

Vra of daar ’n volledige waarborg vir al die parte is aangesien jou versekerin­g waarskynli­k nie slytasie en verouderin­g dek nie. Dit is belangrik dat jou diensversk­affer alle moontlike instandhou­dingswerk doen. Doen dít: Vra die verhuurder om ’n waarborg dat hy die stelsel in die geval van tegniese probleme vinnig sal kan herstel. Die ondernemin­g moet minstens oor alle nodige onderdele beskik.

5 MOET JY DIT TEEN DIE VOLLE VERVANGING­SKOSTE VERSEKER?

Ja, selfs al huur jy, ingeval dit heeltemal verwoes word. Die versekerde waarde moet ook die koste van die installeri­ng insluit.

Doen dít: Onthou om elke jaar by die verskaffer uit te vind wat die vervanging­swaarde van die stelsel is. Die waarde kan toeneem of afneem. Pas dan die versekerde waarde op jou polis aan.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa