Huisgenoot

Killers of the Flower Moon

Drama/Misdaad. Met Leonardo DiCaprio, Robert De Niro en Lily Gladstone. Regie: Martin Scorsese. 16. Nou in fliekteate­rs.

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS

WAAROOR GAAN DIT?

Olie word nie verniet swartgoud genoem nie – waar olie is, is altyd ’n fortuin te maak. Maar soms kom dit ook gepaard met drama – en selfs moord . . .

Aan die begin van die 20ste eeu is olie op die grond van die Osage Nation ontdek. Hulle was ’n groep inheemse Amerikaner­s wat oornag van die rykste mense ter wêreld geword het. “Hierdie skielike rykdom het onmiddelli­k indringers gelok, wat deur manipulasi­e, afpersing en diefstal soveel Osage-geld moontlik probeer vat het, voor hulle tot erger dinge oorgegaan het,” lui die fliek se webtuiste.

Die “erger dinge” sluit in moord aangesien lede van die inheemse Osage-stam wat in Oklahoma se Osage-distrik gewoon het later vermoor is toe die olie op hul grond ontdek is. Dis toe dat die FBI besluit het om ondersoek in te stel.

Killers of the Flower Moon is gegrond op ’n ware verhaal. Die fliek vertel van die onverwagte romanse tussen Ernest Burkhart (Leonardo DiCaprio) en Mollie Kyle (Lily Gladstone). Dit is ’n “epiese Westerse misdaadsag­e waar ware liefde paaie kruis met onuitspree­klike verraad”.

DE NIRO & DICAPRIO

Dis die eerste fliek in 30 jaar waarin Leonardo DiCaprio en Robert De Niro saamwerk. Die twee was laas saam te sien in die 1993-fliek This Boy’s Life, waarin hulle stiefseun en stiefpa gespeel het. En hoewel Leo in 2015 die Oscar vir beste akteur vir sy rol in The Revenant gekry het, glo kritici hierdie is sy beste vertolking nóg.

In Killers of the Flower Moon speel Robert die sakeman en prominente grond

eienaar van Oklahoma, William Hale. Hy het jare lank die vertroue tussen hom en die Osage-gemeenskap opgebou, voor hy ’n reeks moorde georkestre­er het om beheer oor hul olieryke grond te verkry.

Leo vertolk die hoofrol as sy lojale neef Ernest, ’n veteraan uit die Eerste Wêreldoorl­og. Kort voor lank begin die twee mans ’n web van geheime en moord weef, berig Entertainm­ent Weekly.

Dit was vir Martin Scorsese, die regisseur, lekker om saam met die twee aan ’n fliek te werk. “Ek het gevind ek kan saam met Leo werk as ek baie met hom praat. Sy metode is konstante gesprek, konstante verkenning. Met Robert is dit ’n bietjie anders. Ja, daar word gepraat, maar dan is daar stilte. So, die twee saam het mekaar so mooi afgespeel,” vertel hy. As jy steeds nie oortuig is dat jy die fliek moet gaan kyk nie – dit het ’n staande toejuiging van nege minute by die Cannes-rolprentfe­es ontvang.

 ?? ?? VERMAAK
VERMAAK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa