Huisgenoot

Die oorlog tussen Israel en Hamas

WAAROOR ONS GESELS

-

DAAR is al dekades lank spanning tussen die mense van Israel en Palestina in die MiddeOoste. Dié konflik het die afgelope tyd weer oorgekook. Die premier van Israel, Benjamin Netanyahu, het op Saterdag 7 Oktober ’n oorlogtoes­tand afgekondig nadat gewapende militante van die Palestynse Hamas-groep ’n verrassing­saanval op Israel geloods het.

Die Hamas-militante het Israel uit die Gasa-strook, ’n afgesperde Palestynse gebied binne Israel se grense, ingeval. Hulle het Israeliese soldate en burgers aangeval, ontvoer en teruggenee­m na Gasa, waar hulle nou gevange gehou word.

Ná die aanvalle deur Hamas het Israeliese soldate ’n teenaanval op Gasa begin. Militante en gewone burgers is in die teenaanval dood.

Daar is nou spanning dat die konflik in die streek sal toeneem.

WAT HET GEBEUR?

Kenners meen die Hamas-groep het maande lank aan die aanval beplan. Israel se weermag en intelligen­siedienste gebruik gevorderde tegnologie om te monitor wat in Palestynse gebiede soos die Gasastrook en die Wesoewer aangaan, maar hulle het nie agtergekom Hamas beplan ’n aanval nie. Die aanval het Israel daarom onkant betrap. Israel het toe dadelik met teenaanval­le begin en oorlog verklaar teen Hamas.

Die Hamas-groep word as ’n terroriste­groep geklassifi­seer deur Israel, die Verenigde State, die Europese Unie en die Verenigde Koninkryk.

Hamas het in die jongste aanval

sowat 150 Israeliese mense ontvoer en hou hulle nou in Gasa as gyselaars aan. Kenners dink Hamas wil druk op Israel plaas om Palestynse mense wat in Israel gevange gehou word in ruil vir hierdie ontvoerde gyselaars vry te laat.

Maar dit is net ’n deel van die rede vir die konflik, want daar was die afgelope tyd ook ander voorvalle wat die spanning in die streek weer laat opvlam het.

 ?? ??
 ?? ?? BO: Dele van Gasa is in puin gelê. REGS: Israeliese soldate op ’n tenk by die Gasagrens.
BO: Dele van Gasa is in puin gelê. REGS: Israeliese soldate op ’n tenk by die Gasagrens.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa