Huisgenoot

huisgenotj­ies

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer).

VERKEERDE HUIS

Sannie word in die middel van die nag wakker van ’n geraas in die huis.Sy staan op en sluip sitkamer toe. Daar vind sy ’n inbreker wat met ’n flitslig rondsnuffe­l.

Sannie: “Wat soek jy!”

Inbreker: “Geld, natuurlik.”

Sannie: “Wag net, ek kry gou my flitslig, dan help ek jou soek.”

AMANDA BUSSEL

FLUKS IN DROOMLAND

Ek het vanoggend vyfuur opgestaan en vyf kilometer gaan draf. Daarna ’n gesondheid­sdrankie gemaak, twee bondels wasgoed gewas, vloere gestofsuig en gemop . . . En dis omtrent al wat ek van my droom kan onthou. EMMIE, MOSSELBAAI

SEEVAARDIG­HEID

Die man gaan aan boord vir sy eerste seevaart en vra aan die kaptein: “Sink skepe van hierdie grootte dikwels?”

Kaptein: “Nee, meneer, nooit meer as een keer nie.”

JOHANNA RADEMEYER

AARDJIE NA SY VAARTJIE

Stefan is moeg vir die vervelige roetine in sy ouerhuis. “Ek soek opwinding, avontuur, geld en pragtige vroue! Ek gaan die huis verlaat om dit te gaan soek. Moenie my probeer keer nie,” roep hy uit.

“Niemand keer jou nie,” sê sy pa. “As jy ’n paar minute kan wag, gaan ek saam.”

LOUISE NOETH

LANGPAD

Die tannie sit agter die bestuurder op die bus tussen Pretoria en Kaapstad. Elke paar kilometer vra sy: “Is ons al by Kroonstad?” Dan antwoord hy: “Nee, tannie, ek sal jou sê wanneer ons daar is.”

Eindelik trek hy met groot verligting van die pad af, draai om en sê: “Hier klim jy af, tannie. Ons is op Kroonstad.”

“O, maar ek klim nie hier af nie, ek gaan Kaap toe! Dis net, my dogter het gesê wanneer ons by Kroonstad trek, moet ek my bloeddrukp­il drink.”

LOUISE NOETH

VERGEEFSE GESPOOK

Lewensvers­ekering en belasting is darem maar baie dieselfde. Jy is die arme drommel wat hard moet werk en opdok daarvoor, maar ander mense geniet die vrug van jou arbeid.

ANTON, BELLVILLE

GELUK BY DIE ONGELUK

Die norse pa sê vir Tiger, sy dogter se nuwe liefie: “So, jy wil graag eendag my skoonseun word!”

Tiger: “Nee, nie regtig nie . . . maar as ek met jou dogter wil trou, het ek seker nie veel van ’n keuse nie, of hoe?”

HERMAN HUMAN

SLEGTE PROGNOSE

Gert se vrou word een nag siek en hy ontbied die dokter.

Die dokter gaan die slaapkamer binne, maar kom ná ’n paar minute uit en vra vir Gert of hy ’n skroewedra­aier mag leen. Vyf minute later vra hy vir ’n blikoopmak­er, en nog later soek hy ’n stersaag. Gert, teen hierdie tyd al wasbleek, vra bekommerd: “Dokter, asseblief, sê my wat is fout met my vrou?”

Dokter: “Niks is verkeerd met jou vrou nie, ek probeer net my tas oopkry!”

JOHAN H, GONUBIE

TEL JOU WOORDE

Maurice nooi sy baas vir ete en sy seuntjie dra ewe ordentlik vir hom ’n glas bier aan.

Die baas vat sy eerste dorstige sluk, maar sien die seuntjie hou hom vreeslik stip dop en hy vra toe hoekom.

Seuntjie: “Pappa sê altyd oom drink soos ’n vis. Ek wil graag sien hoe doen oom dit!”

JOHAN H, GONUBIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa